Owerheid se Jetstream-beperkings ‘tien keer strenger as wêreldnorme’

2010-01-06 05:55


Pretoria

Die Burgerlugvaartowerheid (BLO) in Suid-Afrika pas beperkings toe wat tien keer strenger is as die internasionale norme vir Jetstream-vliegtuigenjins.

As die owerheid deur die bank dié strenger maatreëls op alle operateurs toepas, gaan dit ’n slagting in die plaaslike lugvaartbedryf veroorsaak, het lugvaartkenners gister gewaarsku.

Die waarskuwing kom nadat die BLO kort voor Kersfees al 13 van SA Airlink se Jetstream 41’s aan diens onttrek het. Ander operateurs is kort daarna ingelig dat hul Jetstreams ook aan diens onttrek word totdat dit geïnspekteer is.

Die internasionale norm is 0,1 vlieginsidente per 100 000 vlieg-ure; Airlink se syfer beloop 0,01 insidente per 100 000 vliegure.

Die BLO het opgetree nadat een van Airlink se vliegtuie in September by Durban ’n pletterlanding weens ’n defek in die een enjin uitgevoer het. Die vliegtuig sou op een enjin kon land, maar die “gesonde” enjin is toe deur een van die vlieëniers afgeskakel.

Mnr. Anthony Nourse, direkteur en aandeelhouer in Nomic, ’n vliegtuigverhuringsmaatskappy, het appèl teen die besluit by die BLO aangeteken nadat albei sy Jetstreams verbied is om te vlieg.

“Ons is glad nie in die besluit geken nie. Ek het bloot ’n kennisgewing gekry dat my vliegtuie nie verder mag vlieg nie,” het ’n ontstelde Nourse gister gesê.

Hy het dadelik geappelleer. Die BLO het 30 dae om te reageer.

“Die owerheid het dadelik ’n span saamgestel en dié is die afgelope twee dae besig om my vliegtuie en dokumentasie te inspekteer. Ek het geen probleem daarmee nie, want ek weet daar skort niks met my onderneming nie.

“Ek gaan miljoene rande aan inkomste verloor. Dit is ’n potensieel dodelike slag,” het Nourse bygevoeg.

“Ons word nou saam met Airlink oor dieselfde kam geskeer net omdat ons dieselfde vliegtuie gebruik.”

Me. Karin Murray, Airlinkwoordvoerder, het gister gesê die maatskappy se diens tussen Port Elizabeth en Oos-Londen en van Port Elizabeth na Bloemfontein is steeds opgeskort, maar hul ander geskeduleerde vlugte gaan voort.

Geen kommentaar kon gister van die BLO verkry word nie.

- Die Burger

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Julianna sê... Ek was in Wonderboom in die Weermag - seinkorps. Laasjaar besluit ek om my kinders te gaan wys waar ek in SAVKOL was, en tot my verleentheid, skok en verbasing stem die plek wat ek voor my sien glad nie ooreen met die plek wat ek vir my kinders geskets het nie. Eerstens ry ons daarin sonder dat enigiemand eers ons motor deursoek of ons iets invul. Tweedens lyk dit so vervalle dat ek van mening was die basis is gesluit. Die wasgoed wat egter by die vensters uitgehang het, het gewys dat daar tot nog lewe was. Wat 'n skok. Vullis het in hope voor die deure gelê, die eens dik groen grasperke was lank en kol-kol dood. Vensters was vuil en stukkend, verf het afgedop en die pragtige blombeddings was blomloos en onkruid oortrek. Die swmbaddens was groen en vuil... Dit was skokkend! Ek kon werklik nie my oë glo nie, soveel verval in 19 jaar... Daar is geen trots meer, daarom dat dit so lyk. Volgens wat ek daardie dag gesien het sou dit meer as 'n besem en hark kos om dit aanvaarbaar te maak. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 5-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 2-16°C Sunny. Quite Cool. Bloem: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-21°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

AUDI

A3 2.0 FSi Attraction 3-dr
2004
R 165,000.00

NISSAN

Tiida 1.6 Visia+ 5-dr
2006
R 119,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.