‘Ou boot’ in Waterfront gevind

2012-02-09 00:00

KAAPSTAD. – Die oorblyfsels van ’n skip of ’n boot, vermoedelik uit vervloë dae, is gister hier in die V&A Waterfront deur konstruksiewerkers gevind.

Ou kanonkoeëls is ook gevind.

Dit is nog onbekend hoe oud dit is en of enige ander artefakte behoue gebly het.

Die bestuur van die V&A Waterfront het dié aankondiging gister gedoen nadat “mariene oorskot” op ’n bouperseel naby die Kloktoring-kompleks gevind is.

Die Nr.1 Silo-projek, waar die vonds gekry is, sal 18000 m² beslaan en voorsiening maak vir kantore, 800 parkeerplekke, winkels en 30 luukse woonstelle. Dit word as ’n “groen gebou” ontwikkel en die plan is om dit teen middel 2013 klaar te hê.

Volgens me. Lynette Lambert, woordvoerder van die V&A Waterfront, is die konstruksiewerk aan die Nr.1 Silo-projek tydelik gestop.

Die ontdekking sal sorgvuldig deur ’n maritieme argeoloog bestudeer word.

“Die V&A Waterfront is ryk aan geskiedenis en dit is nie die eerste keer dat ons werklik boeiende ontdekkings maak wat deel van Kaapstad se erfenis is nie.

“Eers wanneer die argeoloog se verslag ontvang is, sal oor verdere stappe besluit word,” het Lambert gesê.

Die oorblyfsels lê op een gedeelte van die terrein wat gister afgesper is.

Volgens ’n studie wat dr. Bruno Werz, ’n argeoloog en historikus, gedoen het, het daar tussen 1610 en 2006 minstens 360 skepe in Tafelbaai gesink.

Die plekke waar die skepe gesink het, is min of meer bekend. Min ander inligting is egter beskikbaar.

Die getal bekende skeepswrakke net in Tafelbaai is 146.

Werz skryf in dié verslag die meeste van die skepe het weens natuurverskynsels gesink. Die sterk noordwestewinde in die winter het veral ’n groot rol gespeel. Baie skepe het tot op die strand gedryf, of tot waar die kuslyn destyds was.

)’n Beperkte aantal mediaverteenwoordigers sal vandag op die terrein toegelaat word.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... Skryf nou al 'n ekstra nul agter daardie koopprys. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 13-19°C Sunny. Mild. Pta: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

LEXUS

IS 250 AT
2006
R 239,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.