Opening kos R6m.

2012-02-08 00:00

KAAPSTAD. – Die parlement het R6 miljoen begroot vir môreaand se parlementsopening en die onthaal ná pres. Jacob Zuma se staatsrede.

Dié bedrag is bykans dieselfde as verlede jaar, het voorsittende beamptes van die parlement gister volgehou.

Tog word die onthaal nie vanjaar soos gewoonlik in ’n swierige plek soos die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum gehou nie, maar bespaar die parlement kostes deur dit in ’n markiestent in die parkeerterrein oorkant die parlement te hou. Die parlement besit dié terrein.

Vervoerkostes word ook bespaar omdat gaste “sommer net oor die pad kan stap”, het mnr. Max Sisulu, speaker van die parlement, gister op ’n nuuskonferensie gesê.

Die tema van vanjaar se geleentheid is “die kennisekonomie en ontwikkelingsgeleenthede”. Dit is geïnspireer deur Suid-Afrika se bod om die reuse-teleskoop die Square Kilometer Array (SKA) te huisves.

Sisulu het gesê die rede vir die besluit vir vanjaar se tema is dat Suid-Afrika saam met agt ander lande op die vasteland die bod ingesit het om die SKA te huisves.

’n Besluit oor waar die SKA gehuisves gaan word, word teen einde Maart verwag.

Sisulu het gesê indien Suid-Afrika suksesvol is om die SKA in die Karoo te huisves, sal dit ’n positiewe uitwerking op tegnologie, wiskunde en wetenskap in die land hê.

Volgens hom kan Suid-Afrikaners “werk, werk, werk” in Zuma se staatsrede verwag.

“Werk, werkskepping en die groei van die ekonomie” gaan waarskynlik sterk in die toespraak na vore kom.

Zuma se toespraak sal om 19:00 regstreeks op televisie, radio, grootskerm-TV in openbare plekke en op die parlement se webwerf uitgesaai word.

Vanjaar se seremonie sal deur oudpres. F.W. de Klerk bygewoon word. Oud-adj.pres. Baleka Mbete, dr. Frene Ginwala, voormalige speaker van die Nasionale Vergadering, oudhoofregter Pius Langa en mnr. Lovemore Moyo, speaker van die parlement in Zimbabwe, sal ook die verrigtinge bywoon.

Oudpres. Thabo Mbeki het gistermiddag laat weet dat hy nie meer die geleentheid kan bywoon nie omdat hy ’n hoëvlakafvaardiging van die Afrika-unie se implementeringsplan oor Noord- en Suid-Soedan moet lei.

Die staatsrede sal onder meer voorafgegaan word deur ’n erewag van die berede polisie wat Zuma sal begelei, ’n pryssanger buite en binne die parlement, ’n optrede van die weermagorkes, ’n verbyvlug van die lugmag en ’n saluut van 21 skote.

Zuma sal na verwagting in sy toespraak verwys na infrastruktuurontwikkeling, die landbou, mynwese, vervaardiging, die groen ekonomie en toerisme.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
24 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... Skryf nou al 'n ekstra nul agter daardie koopprys. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 13-19°C Sunny. Mild. Pta: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

LEXUS

IS 250 AT
2006
R 239,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.