Ontkleeklub se eienaar in hof ná ‘afpersing’
2012-02-07 00:00
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Die Burger op
KAAPSTAD. – ’n Russiese ontkleeklubeienaar, wat bande met die vermoorde Jurie “Die Rus” Ulianitski gehad het, het gister in die landdroshof hier op aanklag van afpersing verskyn.
Mnr. Igor Russol en sy medebeskuldigde, mnr. Kevin Bailey, het op aanklagte van afpersing van R650000 verskyn.
Adv. Dave Damerill, staatsaanklaer, het uitstel van sewe dae gevra om borgtoginligting na te gaan.
Die staat het nie Bailey se borgtog teengestaan nie.
Landdros Justhree Steyn het hom op borgtog van R2000 vrygelaat op voorwaarde dat hy nie met getuies kommunikeer of die Wes-Kaap verlaat nie.
Die Valke het die beskuldigdes by Russol se huis in Century City, naby Milnerton, aangekeer.
Kol. McIntosh Polela, woordvoerder van die Valke, het gesê die polisie het ook op Russol se voertuig beslag gelê.
- Die Burger