Onsekerheid heers oor Maroga se posisie

2009-11-09 01:38

Kaapstad

Onsekerheid rondom die posisie van mnr. Jacob Maroga, wat verlede week as Eskom-bestuurshoof bedank het, duur te midde van ’n rasseherrie voort. Dít volg nadat Maroga uit verskeie oorde – insluitend die ANC-jeugliga – steun ontvang het ná berigte verlede week dat hy op versoek van die Eskom-raad bedank het.

Nie hy of Eskom het egter enige verklaring uitgereik nie en dit was gister steeds onduidelik wie presies by Megawattpark in beheer is.

’n Eskom-woordvoerder het by navraag gesê dié kwessie sal môre op die spits gedryf word wanneer die minister van openbare ondernemings, me. Barbara Hogan, ’n aankondiging “oor dié baie sensitiewe kwessie” sal maak. Hy het gister berigte verwerp dat Maroga Eskom-werknemers en die media vandag tegelyk sou toespreek.

Dit kom te midde van ’n rassestorm wat om Maroga se kop losgebars het. Luidens berigte het die Black Management Forum (BMF) gesê Maroga het “nie bedank nie” en openbare ondernemings het “ ’n slaghuis vir swart bestuurslui” geword. Die DA het gewaarsku die debat rondom wanbestuur by die nasionale elektrisiteitsvoorsiener word onnodig met ras gekleur. “Dis die laaste ding wat ons nodig het, veral omdat dit nou krities is om energieverskaffing vir die toekoms te verseker,” het mnr. Cobus Schmidt, DA-LP en woordvoerder oor energie, in ’n verklaring gesê.

Dít volg op die onthulling Vrydag van notas in Maroga se handskrif op ’n afskrif van die omstrede Olsen-verslag, waarin hy geskryf het haar aanbevelings weerspieël “die fenomeen van wit toesighouding in Eskom”.

Schmidt meen dit wil voorkom of Maroga die aanbevelings deur die Amerikaanse konsultant me. Susan Olsen verwerp het bloot omdat sy wit is.

Benewens onvoldoende interne beheer het Olsen bevind “Eskom se primêre kragopwekkingsvermoë word deur ineenstorting in die gesig gestaar en kan nie aan die huidige behoeftes voldoen nie, laat staan toekomstige behoeftes.”

Schmidt beskryf die verwysing deur Maroga na die “wit fenomeen” as “skandelik”.

- Die Burger

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

hjonker sê... Is hierdie 'n grap of wat? Liewe hel ons moet dit elke liewe Vrydag gedoen het. Moan soldate nou omdat hul hul basis moet skoon hou? Hul is gelukkig hul moes nie die paradegrond skoon vee nie... Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 5-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 2-16°C Sunny. Quite Cool. Bloem: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-21°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

BA

Tshwane (Pretoria)
Communicate Bruma IT Delivery
R380000 - R420000

Oracle Applications DBA

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R380000 - R540000

.Net Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R180000 - R350000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 134,994.00

VOLKSWAGEN

Kombi T5 LWB 1.9 TDi MPV Dsl
2005
R 219,950.00

TOYOTA

Yaris 1.3 T3 Plus 5-dr
2007
R 109,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.