Onluste in Maputo ná kos se prys skerp styg

2010-09-02 01:34

Johannesburg

Suid-Afrika het sy hoëkommissariaat in Maputo gisteraand gesluit nadat grootskaalse geweld en betogings oor verhoogde kospryse uitgebreek het en minstens ses mense dood is.

Dosyne Suid-Afrikaners is in die Mosambiekse hoofstad gestrand gelaat terwyl verskeie ondernemings tot op die grond afgebrand is.

Mnr. Dikgang Moopeloa, Suid-Afrika se hoë kommissaris in Maputo, het gisteraand volgens die SAUK-nuus gesê daar was sporadiese voorvalle van klipgooiery en versperrings van paaie in die omgewing van die lughawe. Daar is besluit om die hoëkommissariaat tydelik te sluit.

Moopeloa het gesê vlugte van die Suid-Afrikaanse Lugdiens na Maputo is ook gekanselleer.

Twee kinders en minstens vier ander mense, onder wie ’n polisieman, is dood in die botsings tussen owerhede en betogers, het bronne in die polisie en by hospitale gesê.

“Twee kinders is in die woonbuurt Mafala dood,” het mnr. Arnaldo Chefo, ’n polisiewoordvoerder, gesê.

’n Bron in die polisie het bevestig hulle het skerp ammunisie begin gebruik toe die rubber­koeëls opgeraak het.

Lede van die publiek het ook losgebrand op betogers wat klippe en bottels na hul voertuie gegooi het.

’n Suid-Afrikaner wat in Maputo werk, het aan Die Burger vertel ’n donker rookwolk van brandende buitebande het gistermiddag laat oor die stad gehang.

Volgens hom het ’n SMS eergister soos ’n veldbrand versprei dat mense in opstand moet kom teen die regering se verhoging van basiese kospryse. Brood word byvoorbeeld 30% duurder.

Die Suid-Afrikaner, wat om professionele redes anoniem wil bly, het vertel die eerste amok het eergisternag reeds begin.

Betogers het by die 2M-bierfabriek sowat 5?km van die middestad voertuie met bottels en klippe bestook en ook ’n voertuig aan die brand gesteek.

Die polisie het die situasie in bedwang probeer kry, maar dit het telkens elders opgevlam.

Gisteroggend het ’n paar honderd betogers op die Xai-Xai-pad na en van die noorde van die land saamgetrek.

By die tolhek tussen die stad en die Lebombo-grenspos met Suid-Afrika is die pad ook met klippe en boomstompe versper.

Verskeie Suid-Afrikaners het vroegoggend besluit om so gou moontlik grens toe te ry. Later gisteroggend het dit egter onmoontlik geraak en het hulle eerder na Maputo teruggekeer.

’n KFC-eetplek by Mathola net buite die middestad is afgebrand en ondernemings, waaronder ’n bakkery, is gestroop en aan die brand gesteek. Vier pakhuise van ’n meul is ook afgebrand.

Verskeie vlugte van Suid-Afrika is gekanselleer nadat die pad tussen die lughawe en die stad ook versper is, het die Suid-Afrikaner vertel.

Passasiers was op die lughawe gestrand, terwyl ander vlugte se bemannings in die stad vasgekeer was. Die meeste skole was gesluit, terwyl die minibustaxi­diens ook tot stilstand gekom het.

Suid-Afrikaners wat in die Maputo-hawe werk, sou gisteraand in ’n hotel oornag omdat dit vir hulle onmoontlik was om by hul blyplekke uit te kom.

Volgens die Suid-Afrikaner is talle soldate en polisielede gistermiddag in die strate ontplooi.

“Hier is nie eintlik vakbonde nie. Dit is die bevolking wat in opstand gekom het,” het hy vertel.

Die Mosambiekse regering het laatmiddag gesê die situasie is in bedwang.

“Ons doen ’n beroep op almal om kalm en rustig te bly. Almal moet saamwerk,” het mnr. José Pacheco, minister van binnelandse sake, oor Radio Moçam­bique gesê.

Na raming leef 70% van Mosambiek se bevolking onder die broodlyn.

“Ek kan skaars myself voed?.?.?.?die koste om aan die lewe te bly is hopeloos te hoog,” het me. Nelfa Temoteo, ’n inwoner, gesê.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
10 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... Skryf nou al 'n ekstra nul agter daardie koopprys. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 13-19°C Sunny. Mild. Pta: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

LEXUS

IS 250 AT
2006
R 239,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.