Onenigheid ‘kan stryd teen misdaad strem’

2009-11-09 01:38

Kaapstad

Leierskap op die hoogste regeringsvlak is nodig om die beweerde onenigheid tussen die minister van polisie en sy adjunk op te los.

Sulke spanning kan ’n ernstige invloed op die werk van die polisie hê, het prof. Susan Booysen, politieke kenner aan die Universiteit van die Witwatersrand, gister gesê.

Twee Sondagkoerante het gister berig dat wrywing tussen mnre. Nathi Mthethwa, minister van polisie, en mnr. Fikile Mbalula, sy adjunk, verlede week in intensiteit toegeneem het.

Mthethwa is glo “onseker” oor homself en ongelukkig omdat Mbalula glo openbare hoëprofiel-geleenthede ten koste van hóm sou toespreek.

Mthethwa het glo ’n stokkie daarvoor gesteek dat Mbalula ’n paar maande gelede op ’n aktuele televisieprogram verskyn. Hy het ook volgens die Sunday Times daarop aangedring dat hý en nie Mbalula nie – wat aanvanklik genooi is – in Junie die uitpasseringsparade by die Philippi-polisiekollege toespreek.

Mbalula was geskeduleer om verlede Woensdag by die Nasionale Persklub in Pretoria te praat. Dit is egter ’n dag vroeër gekanselleer.

Volgens die Sunday Times het senior polisiebeamptes aan dié koerant gesê Mthethwa en die nasionale polisiehoof, komm. Bheki Cele, het die voorsitter van die persklub, mnr. Yusuf Abramjee, gebel en gevra dat hy nie vir Mbalula ’n platform gee om te praat nie.

Volgens Abramjee het Mbalula gevra dat die geleentheid gekanselleer word.

Mnr. Zweli Mnisi, Mthethwa se woordvoerder, het gister die berigte van spanning ontken.

“Woensdag se geleentheid is uitgestel en nie gekanselleer nie. Die rede was omdat ’n media-inligtingsessie vandeesweek by die parlement plaasvind,” het Mnisi gesê. Mbalula is geskeduleer om Donderdag die parlementêre persgalery toe te spreek.

Volgens Booysen kan onenigheid op dié vlak nadelig wees.

“ ’n Mens sien só baie in die regering hoe interne veldtogte daartoe lei dat leiers hul oog van die bal afhaal. In dié ministerie, waar die leiers só ’n groot taak het, wil burgers die versekering hê dat die leiers al hul energie daarop toespits.

“Besliste leierskap op die hoogste vlak is nodig om die probleme op te los.”

- Die Burger

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Isabel sê... Die waarheid maak seer, ne ou Stortkop. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 5-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 2-16°C Sunny. Quite Cool. Bloem: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-21°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Management Accountant

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Management Accountant

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Financial Manager

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

AUDI

A3 2.0 FSi Attraction 3-dr
2004
R 165,000.00

NISSAN

Tiida 1.6 Visia+ 5-dr
2006
R 119,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.