Nyda vies oor hy ‘min geld’ ontvang

2012-02-25 00:00

KAAPSTAD. – Die Nasionale Jeugagentskap (Nyda) is vies oor die “min geld” wat vir die 2012-’13-boekjaar vir hom begroot is.

Mnr. Andile Lungisa, Nyda-voorsitter, het gesê die Nyda het minstens R405miljoen uit die begroting verwag.

Slegs R386miljoen is egter vir die Nyda begroot.

Lungisa het gesê geen rede is vir die besnoeiing gegee nie.

“Dit is R29miljoen minder as wat verwag is. Ons sal nou ons strategiese doelwitte en teikens moet aanpas. Die Nyda-kantore wat ons dwarsoor die land wou open sodat jeugdiges oral toegang kan kry, sal drasties moet verminder.

“Programme vir vaardigheidsontwikkeling sal verminder moet word. Dit is ’n groot terugslag vir ons. Met die regering se groot infrastruktuurplanne is vaardighede nodig. Indien ons nie jeugdiges die vaardighede aanleer nie, gaan hulle weer net toeskouers word van groot projekte.”

Die Nyda het vroeër onder skoot gekom omdat hy meer as R100miljoen bestee het aan ’n jeugfees wat as die “fees van ballonne en soene” bestempel is.

Die R40miljoen wat die Nasionale Lotery-raad tot die Nyda-fees bygedra het, het gister in die parlement ook weer onder skoot gekom.

Dr. Wilmot James, DA-LP, het in ’n verklaring gesê dit lyk of politieke en persoonlike bande die dryfveer agter dié en sekere ander skenkings was. “Die mense wat besluit het om miljoene rande aan Cosatu en die Nyda te gee, moet verantwoordelik gehou word.”

Volgens hom wil die bestuur van die Loteryraad voorgee dat klagtes oor die skenkings onregverdig en onrealisties is.

Die openbare beskermer ondersoek nog die skenkings.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... Skryf nou al 'n ekstra nul agter daardie koopprys. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 13-19°C Sunny. Mild. Pta: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

LEXUS

IS 250 AT
2006
R 239,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.