Nuwe middel teen malaria werk op muise

2010-09-03 22:44

Kaapstad – ’n Nuwe middel wat blitsig van die malaria-parasiet ontslae kan raak, het reeds positiewe resultate opgelewer.

Die middel het die parasiet in muise ná ’n enkele dosis uitgewis en sal in die nabye toekoms ook op mense getoets word.

Dit is die eerste nuwegenerasie-middel teen malaria in tien jaar.

Dit het effektief getoets teen albei stamme van die malaria-parasiet, Plasmodium falciparum en Plasmodium vivax, het die Amerikaanse nasionale instituut vir allergie en oordraagbare siektes aangekondig.

Die studie, gelei deur dr. Thierry Diagana van die Norvartis-instituut vir tropiese siektes, het ’n verbinding getoets en ontwikkel wat ’n parasiet-proteïen teiken, wat bestaande middels nie kan doen nie.

Die verbinding werk vinniger as ouer middels, maar nog nie so vinnig soos die beste middel, artemisinin, nie.

Dit is nie giftig vir menslike selle nie en kan in pilvorm toegedien word.

Volgens die navorsing, wat in die vaktydskrif Science gepubliseer is, was dit ná net ’n enkele dosis effektief in die muise.

Tans is die behandeling teen malaria tussen drie en sewe dae, met middels wat tussen een en vier keer per dag geneem moet word.

Jaarliks sterf sowat ’n miljoen mense, hoofsaaklik in Afrika, aan die siekte. 

- Die Burger

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Wim sê... In die woorde van Eugene Marais:... di vyande van di Afrikaanse taal is Jingo-Afrikaners- mense so laag gevalle dat jy lus het om jou mond uit te spoel na jy hulle name noem. Ons het al baie slegte nasies en mense in ons tyd gesien, maar nog nooit iets lager of gemeener dan een Engels-gesinde Afrikaner wat sy moeder-taal di - taal deur sy vaders gesproke- verag." Daar is natuurlik ook die wat nie weet wie hulle pa was nie. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 19-26°C Sunny. Mild. Pta: 18-30°C Mostly sunny. Warm.
Jhb: 16-28°C More sun than clouds. Mild. Bloem: 19-30°C More sun than clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-31°C Mostly sunny. Warm. PE: 20-25°C Showers early. Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MERCEDES-BENZ

A 180 ELEGANCE AT
2010
R 244,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.