Nóg ’n renoster by Loskopdam geskiet

2011-11-17 00:00

Middelburg

’n Renoster wat deur stropers gekwes is, was teen gisteraand nog soek in die Loskopdam-natuurreservaat.

Vier witrenosters is die afgelope drie weke in dié reservaat doodgemaak.

Veldwagters, polisiebeamptes en bekommerde lede van die gemeenskap het gister ure lank na die gekweste dier gesoek.

Volgens mnr. Jannie de Bruyn, hoof van die teenstropingseenheid van die Mpumalanga-toerisme-en-parke-agentskap, is die dag oue karkas van ’n volwasse renosterkoei gisteroggend gevind.

“Veldwagters het die omgewing gepatrolleer en op die karkas van ’n renosterkoei afgekom. Die gekweste renoster is ook in hierdie stadium deur ander veldwagters gesien. Ons weet egter nie wat die geslag van die gekweste renoster is nie. Hy is onder die een oog geskiet, maar sal heel moontlik self herstel.”

Die renoster is gister gedissekteer om die koeël vir die polisie-ondersoek uit te haal.

Volgens mnr. Rey Thakhuli van Sanparke is daar al vanjaar 368 renosters landwyd gestroop.

Veldwagters van die Krugerwildtuin het gister tydens ’n voetpatrollie in die Onder Sabie-gebied op ’n ontbindende karkas van ’n ou witrenosterbul afgekom, berig Buks Viljoen.

Aasvoëls wat in die lug bokant die karkas gesirkel het, het hulle daarheen gelei. Die dier is na raming reeds ’n week gelede geskiet.

Volgens me. Laura Mukwe­vho, woordvoerder van die wildtuin, is albei die horings afgesaag.

Dit is die tweede renosterkarkas wat binne 72 uur in die wildtuin ontdek is.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... Skryf nou al 'n ekstra nul agter daardie koopprys. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 13-19°C Sunny. Mild. Pta: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

LEXUS

IS 250 AT
2006
R 239,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.