Nóg R400 000 se belastinggeld vir sokkerfieterjasies

2010-09-16 04:15

Kaapstad - Nóg ’n staatsdepartement het duisende rande van belastingbetalersgeld aan vanjaar se Wêreldbeker-sokkertoernooi bestee.

Die departement van openbare werke en sy filiale – onder meer die konstruksiebedryf-ontwikkelingsraad, die statutêre raad vir bou-ontwikkeling en die onafhanklike ontwikkelingstrust – het altesaam R400 000 op sokkermemorabilia soos Bafana Bafana-hemde, vuvuzelas en vlae uitgegee.

Dít het gister geblyk in antwoord op ’n parlementêre vraag uit DA-geledere.

Die departement van openbare werke het dié besteding verdedig deur te sê sy amptenare en bestuurders het gereeld te doen met kliënte en dat dit noodsaaklik was om op dié manier die departement se steun aan die nasionale sokkerspan te demonstreer.

Die departement het ’n volledige uiteensetting van die besteding deur die onderskeie filiale gegee. Dit behels:

- R166 747 wat die departement van openbare werke aan sokkerhemde bestee het;

- R9 673 wat Agrément Suid-Afrika (die plaaslike filiaal van die internasionale boutegnologie-organisasie) vir sokkerhemde opgedok het;

- R78 590 wat die konstruksiebedryf-ontwikkelingsraad uitgegee het op onder meer sokkerhemde en die huur van ’n Suid-Afrikaanse vlag en twee plasma-TV’s; en

- R139 000 wat die onafhanklike ontwikkelingstrust opgedok het vir onder meer lessenaarvlaggies en serpe (R36 000), en Zakumi-gelukbringers en makarapas (R13 000). Die ander R90 000 is bestee aan 1 000 vuvuzelas wat met kralewerk oorgetrek is.

Die departement van openbare werke en sy filiale het in hul antwoord op die DA se vraag daarop gewys dat al die aankope deur óf die rekenpligtige beampte óf deur die betrokke uitvoerende komitees goedgekeur is. 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... Skryf nou al 'n ekstra nul agter daardie koopprys. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 13-19°C Sunny. Mild. Pta: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

LEXUS

IS 250 AT
2006
R 239,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.