Neem my in hegtenis en gee al my geld vir armes – Malema

2010-03-10 01:04

Johannesburg - Neem my dan in hegtenis. Só het mnr. Julius Malema, leier van die ANC-jeugliga, die owerhede gister in sy toespraak voor studente by die Universiteit van Johannesburg (UJ) se Doornfontein-kampus uitgedaag.

City Press het die naweek berig Malema het glo belasting ontduik.

Hy het sedert sy verkiesing in 2008 tot leier van die ANC-jeugliga nie sy belastingopgawes ingedien nie en sy maatskappye word deur die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) ondersoek, is berig.

“Daar is niemand wat my in hegtenis kan neem nie, want daar is niks wat ek verkeerd gedoen het nie,” het hy gesê.

Volgens Malema skuld hy Jan Taks niks.

“Julle het die reg: (mnr.) Pravin Gordhan (minister van finansies), SAID en al die owerhede om in my (bank)rekening te kyk,” het hy gesê. “Ek gee julle toestemming om alles te vat wat in my rekening is en dit aan die armes te gee.”

Malema meen as hy R140 miljoen uit regeringstenders gemaak het, kan daardie geld aan arm studente gaan.

“Vat my geld en nasionaliseer dit,” het hy gesê.

Malema het gesê hy sal nooit van armes steel nie: “Ek ken armoede. Ek lees nie oor armoede nie, ek leef ’n lewe van armoede.

“Ek is ’n kind van ’n huiswerker wat arm gesterf het,” het hy gesê.

Hy het herhaaldelik gesê hy betaal sy belasting.

“As ek aan enige misdaad skuldig is, neem my dan in hegtenis,” het hy dit uitgebasuin.

Malema glo hy moet nie onderworpe wees aan ’n “leefstyl-oudit” wat ingestel is “om sekere faksies te dien en spesifieke mense in die proses wil verwoes nie”.

Hy glo hy is net verantwoordbaar aan die “armstes van die armes – nie dié in Sandton nie... hulle stem nie vir ons nie”.

Hy glo hy hoef nie ’n SAID-sertifikaat vir sy maatskappye te kry wat bevestig sy opgawes is op datum nie, want dié maatskappye is dormant.

Volgens hom wil sekere mense die jeugliga muilband.

“As jy ’n slang suksesvol wil doodmaak moet jy dit hard op die kop slaan. En dit is wat hulle met my probeer.”

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
23 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... Skryf nou al 'n ekstra nul agter daardie koopprys. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 13-19°C Sunny. Mild. Pta: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

LEXUS

IS 250 AT
2006
R 239,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.