Ndumiso Jaca gekap oor sy uitlatings oor Bees Roux

2010-09-03 22:44

Dr. Ndumiso Jaca

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Pretoria – Opposisiepartye het gister uitgevaar teen dir. Ndumiso Jaca, hoof van proaktiewe polisiëring in die Tshwane-metropolisie, oor sy tirade by sers. Ntshimane Johannes Mogale se roudiens in Pretoria.

Jaca het Donderdag in ’n uitbarsting gesê die Tshwane-metropolisie gaan die Blou Bul-stut Bees Roux teister totdat hy die waarheid vertel.

Roux is verlede week op aanklag van moord op Mogale in hegtenis geneem.

Jaca het ’n direkte waarskuwing aan Roux gerig: “Ons gaan padversperrings beman en seker maak dat Bees nie rus nie. Ons gaan ons voorvaders kry om Bees te teister totdat hy die waarheid vertel.”

Me. Karen Meyer, DA-woordvoerder oor gemeenskapsveiligheid in die Tshwane-metroraad, het gesê Jaca se uitlatings is onverantwoordelik en ongrondwetlik.

“Dit blyk Jaca het homself as ’n metropolisieman, regter en laksman aangestel.

“Hy is ’n amptenaar wat veronderstel is om ’n diens aan alle inwoners in Tshwane te lewer en te verseker, maar sy uitsprake is teenstrydig hiermee.”

Volgens Meyer is Jaca se uitsprake totaal onvanpas, buite sy mandaat en nie in die gees van ’n onafhanklike regsproses nie.
Dr. Rentia Landman, VF+- leier in Tshwane, meen Jaca se uitlatings is skokkend.

“Ek het eintlik nie woorde nie. Dit is iemand wat reg en orde moet handhaaf wat sulke uitlatings maak. Dit bring ernstige bedenkinge oor sy geskiktheid vir dié pos.”

Me. Dikeledi Lehobye, Tshwa­ne se burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsveiligheid, het gesê sy is jammer oor die taal wat Jaca by die roudiens gebruik het, maar het ook vir hom in die bres getree.

“Mense moet besef daar is baie seerkry in die departement oor die wyse waarop sers. Mogale vermoor is.”

Enigiemand wat deur Jaca se uitlatings ontstel is, moet hulself in die skoene plaas van diegene wat saam met Mogale gewerk het en hul pyn in ag neem, het Lehobye gesê.

“Dit is kommerwekkend dat ons geen ondersteuning gekry het van diegene wat ons nou kritiseer nie.”

Mnr. Terrance Mashego, ANC-hoofsweep in die Tshwane-raad, het gister gesê hy was uitstedig en dra nie kennis van Jaca se uitlatings nie.

“Ek sal eers wil uitvind presies wat gesê is voordat ek my daaroor kan uitlaat.”
 

- Die Burger

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Wim sê... In die woorde van Eugene Marais:... di vyande van di Afrikaanse taal is Jingo-Afrikaners- mense so laag gevalle dat jy lus het om jou mond uit te spoel na jy hulle name noem. Ons het al baie slegte nasies en mense in ons tyd gesien, maar nog nooit iets lager of gemeener dan een Engels-gesinde Afrikaner wat sy moeder-taal di - taal deur sy vaders gesproke- verag." Daar is natuurlik ook die wat nie weet wie hulle pa was nie. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 19-26°C Sunny. Mild. Pta: 18-30°C Mostly sunny. Warm.
Jhb: 16-28°C More sun than clouds. Mild. Bloem: 19-30°C More sun than clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-31°C Mostly sunny. Warm. PE: 20-25°C Showers early. Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MERCEDES-BENZ

A 180 ELEGANCE AT
2010
R 244,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.