MultiChoice nou tjoepstil oor porno

2010-03-11 00:00

Kaapstad

MultiChoice is nou tjoepstil oor DStv se porno-planne, terwyl sy komende mededinger, On Digital Media (ODM), ook nie ’n woord wil rep oor die moontlikheid dat sy TopTV-diens sekskanale gaan aanbied nie.

Die Burger het gister van ingeligtes by MultiChoice verneem dat dié betaal-TV-diens deur ’n magdom ontstoke intekenare, belangegroepe en lede van die publiek oorval is nadat Die Burger berig het dat MultiChoice marknavorsing oor pornografiese TV-kanale doen en die moontlikheid van sekskanale op die DStv-boeket oorweeg.

MultiChoice het toe gesê die seksboeket word oorweeg omdat “MultiChoice die afgelope paar maande oorval is deur versoeke vir volwasse inhoud op DStv’’.

Intussen het Helpende Hand, Solidariteit se gemeenskapsinisiatief – wat dadelik ’n “Nee vir Pornografie’’-veldtog begin het – gister gesê meer as 41 000 Suid- Afrikaners het reeds hul stemme by die veldtog gevoeg. Helpende Hand gaan binnekort ’n protesdokument aan MultiChoice oorhandig.

“Die reaksie was verstommend,’’ het ’n MultiChoice-ingeligte gesê oor die reaksie wat reeds van die publiek ontvang is. “MultiChoice is oorweldig deur die porno-bohaai.

“Daar was soveel kommentaar en e-posse wat ingestroom het. Niemand het dié fel reaksie verwag nie.’’

MultiChoice wou nie antwoord op Die Burger se vraag wanneer hy finaal gaan besluit oor sekskanale – wat ’n kombinasie van sagte en harde pornografie kan insluit en as ’n aparte intekenaar-boeket sou funksioneer – nie.

Hy wou ook nie sê watter reaksie hy tot dusver ontvang het nie. “Die situasie het nie verander sedert ons laaste kommunikasie nie. Ons sal jou op hoogte hou sodra ons ons finale besluit geneem het.’’

ODM, wie se TopTV-satellietdiens in Mei gaan begin, trap nou ook katvoet en wou ook nie uitwei oor moontlike porno-planne en of kykers sekskanale in die beskikbare boeket sal kan kies nie.

“Ons sal ons finale produk binne twee weke aankondig en sal ook dan (die kwessie van) volwasse kanale hanteer,’’ het mnr. Vino Govender, ODM-direkteur, gister gesê.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Penelope sê... Dis tog iets wat mens by die huis leer? Of een of ander tyd deur jou skoolloopbaan in 'n wiskundeklas? Dis skokkend. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 19-26°C Sunny. Mild. Pta: 18-30°C Mostly sunny. Warm.
Jhb: 16-28°C More sun than clouds. Mild. Bfn: 19-30°C More sun than clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-31°C Mostly sunny. Warm. PE: 20-25°C Showers early. Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Bantam 1.3i PU
2003
R 53,900.00

MITSUBISHI

Pajero BK 3.8 GLS SWB 4x4 3-dr AT MY07
2007
R 219,990.00

KIA

K2700 Std Dsl MY04
2006
R 99,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.