Moslem-raad hou vol hy tree korrek op in halaal-debakel

2012-01-25 11:11

ATHLONE.

Hy het nie verkeerd opgetree toe hoender by Orion Cold Storage as halaal gesertifiseer is nie, het die Moslem Juridiese Raad (MJR) gister gesê.

Orion Cold Storage in Muizenberg is in Desember verlede jaar daarvan beskuldig dat hy vleisprodukte wat nie halaal is nie, oorgemerk het as halaal en dat die MJR wetend halaal-sertifikate hiervoor uitgereik het.

Moulana Abdul Fataagh Carr, ’n uitvoerende lid van die MJR, het op ’n nuuskonferensie in die MJR-kantore in Crawford, Athlone, gesê alle produkte wat die raad vir Orion gesertifiseer het, was in minstens vier verskillende lae van verpakking voordat dit by Orion se perseel aangekom het.

Volgens hom is die hoender in dieselfde soort verpakking van Orion se perseel af na die aankoper vervoer.

Intussen het dit bekend geword dat Orion Cold Storage slegs een vragmotor het waarmee aflewerings gedoen word, en dat produkte wat halaal en nie halaal is nie saam vervoer word.

Mnr. Patrick Gaertner van Orion wou nie hierop reageer nie.

Mnr. Imraahn Mukaddam, Wes-Kaapse koördineerder van die Nasionale Verbruikersforum, het gister buite die MJR se kantore die leiers van die MJR as “Mafia-agtige rampokkers” beskryf. Hy het gesê hulle laat toe dat Moslems vleis eet wat nie halaal is nie, net om hulself te verryk.

Ontevrede Moslems wat buite die kantore hul misnoeë te kenne gegee het, is deur sekerheidsbeamptes verhoed om met die leiers van die MJR te praat. Intussen het sjeg Ebrahim Gabriels van die MJR gesê ’n e-pos waarin beweer word dat die MJR die halaal-sertifikasie van Nando’s onttrek het, is ’n slenter.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... Skryf nou al 'n ekstra nul agter daardie koopprys. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 13-19°C Sunny. Mild. Pta: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

LEXUS

IS 250 AT
2006
R 239,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.