Matriekvraag oor eiers bekommer LP

2012-02-08 00:00

KAAPSTAD. – Hoeveel eiers is in twee en ’n half dosyn?

Dít is een van die vrae wat glo in ’n 2011-matriekvraestel vir wiskundige geletterdheid gevra is en wat ’n DA-LP gister die kop laat skud het.

Mnr. Donald Smiles, DA-LP wat in die parlementêre komitee vir basiese onderwys dien, het sy bedenkinge uitgespreek oor die gehalte van sommige vrae wat aan matrieks gestel is.

Die nasionale departement van basiese onderwys en die gehalteversekeringsliggaam Umalusi het voorleggings oor die 2011-matriekeksamen aan die komitee gedoen.

Smiles het gevra wat presies met so ’n vraag op matriekvlak gemeet word.

“Ek verstaan nie hoe so ’n vraag in ’n matriek-wiskundevraestel kan kom nie. Wat word getoets? Die konsep dosyn – en dit op matriekvlak?”

Hy het gevra die departement moet ondersoek instel na dié vraag, aangesien hy nie seker is van die presiese bewoording nie.

Dr. Rufus Poliah, waarnemende hoofdirekteur van nasionale eksamens in die departement, het ook ander kwelpunte uitgewys wat in Umalusi se assessering van verlede jaar se vraestelle opgeduik het.

Boonop word dieselfde kortverhale reeds tien jaar lank op matriekvlak vir Afrikaans as tweede bykomende taal voorgeskryf. Volgens Poliah kan dit daartoe lei dat dié vraestel lank reeds te voorspelbaar is.

Umalusi het aanbeveel dat die voorgeskrewe werk hersien moet word.

Me. Annette Lovemore, DA-LP, wou weet hoe dit kan wees dat vraestelle waarvan Umalusi die gehalte nagaan op so ’n swak peil is soos die Engels-vraestel wat matriekleerders moes skryf.

In Umalusi se verslag is daar ook na 11 vakke in besonder gekyk en spesifieke probleme geïdentifiseer.

Talle van die probleme word aan swak onderrig toegeskryf.

Poliah het gesê daar sal vanjaar gefokus word op skooldistrikte wat onderpresteer en spesifieke aandag sal aan wiskunde, fisiese wetenskappe, lewenswetenskappe en rekeningkunde gegee word.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
66 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... Skryf nou al 'n ekstra nul agter daardie koopprys. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 13-19°C Sunny. Mild. Pta: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

LEXUS

IS 250 AT
2006
R 239,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.