Man sterf in pa se arms

2010-04-17 00:39

Houtbaai

’n Jong man van Houtbaai het in sy pa se arms gesterf nadat hy vroeg gisteroggend wreed deur inbrekers in sy ouerhuis aangeval is waar hy rekenaarspeletjies gespeel het.

Mnr. Charles Griss, pa van die vermoorde mnr. Conrad Griss (23), was gister so bedroef dat hy skaars ’n woord kon uitkry.

In ’n gebroke stem het hy aan Die Burger gesê: “Vergewe my, asseblief, ek kan nie nou met julle praat nie.”

Conrad het omstreeks 02:00 in ’n vertrek op die onderste verdieping van sy pa se tweeverdiepinghuis rekenaarspeletjies gespeel toe hy onverwags deur inbrekers aangeval is.

Volgens ao. Tanya Lesch, ’n polisiewoordvoerder, het die inbrekers ’n ruit van die vertrek waar Conrad rekenaarspeletjies gespeel het, gebreek om toegang tot die huis te kry.

Conrad het vermoedelik opgespring en sy windbuks gaan haal om die inbrekers af te skrik.

Hulle het hom egter met ’n hamer aangerand en ook met ’n mes onder sy slaap gesteek.

Lesch het gesê Griss sr., wat op die boonste verdieping geslaap het, het wakker geword van sy seun se krete om hulp en die geluide van ’n worsteling.

Hy het teen die trappe afgestorm, maar die inbrekers het deur dieselfde venster gevlug waardeur hulle toegang tot die huis gekry het. Daar is niks gebuit nie.

Griss sr. het vergeefs die bloeding aan sy seun se gesig probeer keer, wat kort daarna in sy arms dood is.

Conrad en sy pa het alleen in die huis gewoon. Sy ma, mev. Julia Griss, woon na verneem word in Pringlebaai en hy het ’n suster wat oorsee is.

Volgens Lesch is Conrad se windbuks, sowel as die hamer waarmee hy aangerand is, op die toneel gevind.

Die mes waarmee hy gesteek is, is nog nie gevind nie.

’n Vriend van Conrad wat homself net as Jacques voorgestel het, het gesê hy was “so lief soos ’n somerbriesie”. Hulle het mekaar langer as tien jaar geken.

“Conrad sou nooit enigiemand leed aangedoen het nie.”

Op Facebook het verskeie van sy vriende hul skok oor sy wrede moord uitgespreek.

Bonnie Emma Wenman het geskryf: “My hart gaan uit na Conrad en sy familie.”

Mnr. Martin Griss, Conrad se oom, skryf in ’n boodskap aan sy ma: “My diepste simpatie en hartseer oor die tragiese heengaan van my nefie, jou seun. Liefde.”

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
19 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Marianne sê... Ek 'n ex-Stellie en trots maar wonder of die vier skole regverdig teen mekaar deelneem? Hoe is dit dan dat Tygerberg nooit die mas kan opkom nie? Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 180i GSX MY02
2003
R 95,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

MINI

Cooper Hatch R56 1.6 3-dr
2008
R 149,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.