Man skiet ‘prostituut’ en pleeg selfmoord

2009-11-12 01:39

Kaapstad

’n Man het gistermiddag selfmoord gepleeg kort nadat hy ’n 17-jarige meisie, wat na bewering ’n prostituut is, by ’n bordeel in Goodwood geskiet het.

Volgens insp. Wayne Theunis, ’n polisiewoordvoerder, het die man homself as ’n klant van die tiener voorgedoen toe hy haar in die woonstel in Joubertstraat, waar sy woon, besoek het.

Dié woonstel is glo ’n bekende bordeel in die gebied.

“Hy het die meisie geskiet en uit die woonstel gehardloop toe ’n polisiebeampte, wat van diens af was, hom gesien het.

“Die polisieman het hom agternagesit en tot in Nelsonstraat gejaag, waar die man sy vuurwapen op die beampte gerig het,” het Theunis gesê.

Die polisieman het toe sy dienspistool op die man gerig, waarna die man homself in die kop geskiet het. Hy is op die toneel dood.

Die identiteit van die oorledene was gisteraand nog nie bekend nie, en dit is tans nie duidelik of die man en meisie mekaar geken het nie.

Die meisie woon saam met drie vriende wat glo die blyplek verlaat het toe die man daar aangekom het. Die meisie is in ’n bevredigende toes­tand in die hospitaal.

- Die Burger

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... Skryf nou al 'n ekstra nul agter daardie koopprys. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 13-19°C Sunny. Mild. Pta: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

LEXUS

IS 250 AT
2006
R 239,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.