Malema vuur plaasmoorde aan, meen opposisie

2010-03-15 23:38

Kaapstad

Die gewraakte vryheidsliedjie “Maak dood die Boere” wat verlede week deur mnr. Julius Malema, leier van die ANC-jeugliga, gesing is, vuur plaasmoorde aan.

Só het opposisiepartye gister gesê te midde van drie plaasmoorde wat die afgelope naweek plaasgevind het.

Die ANC-leierskorps is hewig gekritiseer oor hul versuim om Malema daaroor voor stok te kry.

Volgens mnr. Athol Trollip, die DA se parlementêre leier, stuur dié liedjie, wat Malema voor ’n gehoor by die Universiteit van Johannesburg gesing het, die boodskap uit dat wit boere steeds die vyand van die staat is.

“Ons land het ’n bloedige verlede wat nie juis ’n bron van nasionale trots is nie. Dit het op almal emosionele letsels gelaat wat net onder die veloppervlak broei. Uitsprake soos dié krap hierdie wonde weer oop.”

Dit is verbysterend dat nóg pres. Jacob Zuma nóg die ANC se sekretaris-generaal, mnr. Gwede Mantashe, bereid is om Malema hieroor te straf, het Trollip gesê.

Die Vryheidsfront Plus het op sy beurt in ’n verklaring gesê Malema is aandadig aan die “uitwissing van boere in Suid-Afrika”.

Dr. Pieter Mulder, leier van die VF+, het verlede week ’n klag van haatspraak teen Malema by die polisie aanhangig gemaak.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... Skryf nou al 'n ekstra nul agter daardie koopprys. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 13-19°C Sunny. Mild. Pta: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

LEXUS

IS 250 AT
2006
R 239,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.