'Malema uit konteks aangehaal' - sê ANC woordvoerder kort na sy in hegtenisname vir dronkbestuur

2010-03-11 12:29

ANC woordvoerder Jackson Mthembu is vanoggendv ir dronkbestuur in hegtenis geneem, maar dit het hom nie gekeer
om sy werk te doen nie.

Mthembu, in 'n 21-minuute telefoniese onderhoud met Sapa, blykbaar terwyl hy in aanhouding was, het
jeugleier Julius Malema entoesiasties verdedig.

Volgens hom is die lirieke van die liedjie uit konteks aangehaal.

“Kom ons praat op ‘n gepaste wyse oor die saak. Moenie vir Julius blameer
nie. Eintlik sal ek hom op hierdie een verdedig,” het Jackson Mthembu,
woordvoerder vir die ANC, Donderdagoggend aan Sapa gesê.

“Hierdie liedjie is vir baie jare gesing, selfs voor Malema gebore is. Julius
weet nie eers wie die skrywer van die liedjie is nie. Hy het dit van
ons [die ANC] gekry. Julle moet die ANC blameer, moenie vir Julius
blameer nie.

“Maar as julle die ANC blameer, sit dit in konteks.”

Volgens Mthembu was dit ‘n ou struggle-liedjie wat Malema by sy ANC-kollegas geleer het.

Daar is baie liedjies in Suid-Afrika se geskiedenis wat mense kan te na
kom, het hy gesê. Hy het verwys na "liedjies oor generaals" - 'n
moontlike verwysing na die Afrikaanse trefferlied De la Rey.

Die liedjie wat Malema gesing het was nie daarop gemik om die boere aan te val nie, het Mthembu gesê.

“As jy nie na die liedjie in geheel kyk nie, verloor jy die betekenis,” het
hy gesê voordat hy dit oor die telefoon vir Sapa begin sing het.

“Die liedjie sê, ‘sommige mense is lafaards’, en dan word daar gesê ‘gebruik
jou geweer om te skiet’, want dit herinner aan oorlog,” het Mthembu
verduidelik.

"Dit verwys na alle mense wat lafaards is, insluitende swartmense wat lafaards is", het hy gesê, en losgetrek met  "kill the boers, they are rapists".


Mthembu is teen 8h vanoggend op die N2 naby Pinelands gevang en sou eers na middagete vrygelaat word.


Malema staar ‘n kriminele klag en ‘n klag van die Menseregtekommissie in die gesig nadat hy glo by die universiteit van Johannesburg "Dubula amabhunu baya raypha" (Zoeloe vir ‘skiet die boere, hulle is verkragters’) saam met ‘n groep studente gesing het.

- Sapa
 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
120 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... Skryf nou al 'n ekstra nul agter daardie koopprys. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 13-19°C Sunny. Mild. Pta: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

LEXUS

IS 250 AT
2006
R 239,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.