Malema se stellings oor regbank ‘naïef’

2012-02-16 00:00

JOHANNESBURG. – Dit is naïef en beledigend om te beweer die regbank word deur wit rassiste beheer, het adv. Jacob van Garderen, nasionale direkteur van Regslui vir Menseregte, gister gesê.

Hy het gereageer op mnr. Julius Malema, geskorste leier van die ANC-jeugliga, se aanval op die regbank.

“Om die regbank sonder meer af te maak as ’n stelsel wat nie legitiem is nie omdat dit deur ’n minderheid wit mense beheer word, is feitelik verkeerd,” het Van Garderen gesê.

“Meer as 60% van die regbank is swart. Kyk na die leierskorps. Die hoofregter is swart, so ook sy adjunk. Die president van die appèlhof is swart en sý adjunk ook. Al die regter-presidente van die verskillende divisies is swart.”

Volgens die departement van justisie en grondwetlike ontwikkeling se jongste jaarverslag was daar in 2011 91 swart, 91 wit, 22 Indiër- en 21 bruin regters.

Videomateriaal wat die naweek tydens die ANC-jeugliga se lekgotla geneem is, wys hoe Malema die regbank afmaak as ’n stelsel wat deur die “wit Mafia” beheer word.

“Ek het advokate wat my verdedig in die saak waarvoor die Valke my jaag. Hulle is drie wit advokate.

“Elke keer wat ek saam met hulle in ’n vergadering sit, raak ek geïrriteerd. Dié ding wat ek doen, is verkeerd, maar daar is niks wat ek kan doen nie, want die regbank word deur die wit minderheid beheer,” het Malema gesê.

Die Valke en die openbare beskermer ondersoek tans klagte van korrupsie en tenderbedrog teen Malema.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
11 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... Skryf nou al 'n ekstra nul agter daardie koopprys. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 13-19°C Sunny. Mild. Pta: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

LEXUS

IS 250 AT
2006
R 239,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.