Maatskappyhoof koop huis vir sokkertoernooi-verblyf

2009-12-22 04:12

Kaapstad

’n “Bekende internasionale maatskappy” het pas R28 miljoen vir ’n luukse huis in Kampsbaai opgedok sodat sy uitvoerende hoof dit ten tyde van aanstaande jaar se Wêreldbeker-sokkertoernooi kan gebruik.

Mnr. Ian Slot, besturende direkteur van Seeff Eiendomme in Kampsbaai, het gesê die huis, met vyf slaapkamers en vyf en suite-badkamers, is gekoop vir die uitvoerende hoof van ’n bekende internasionale maatskappy.

“Volgens inligting wat ons ontvang het, gaan die huis eksklusief gebruik word ten tyde van die Wêreldbeker-sokkertoernooi aanstaande jaar. Wat hulle daarna (met die huis) gaan doen, weet ons nie.”

Slot het gesê hy vermoed die huis sal daarna verhuur word. Dit is geleë in Ronald-laan, wat beskryf word as een van Kampsbaai se mees eksklusiewe strate.

Slot het gesê dis die ideale onthaalhuis, met al die slaapkamers wat óf ’n see-uitsig óf ’n berg-uitsig het. Dis ’n goeie kopie in dié prysklas.

Volgens hom is Suid-Afrika tans die “geur van die maand”. Baie huiskopers die afgelope maand of twee was mense wat in Suid-Afrika was vir die finale loting vir die Wêreldbeker-toernooi.

“Hulle het gesien wat die land kan bied en het besluit om hier te belê.”

Volgens hom is baie van die miljoenêrshuise wat hulle verkoop nie die nuwe eienaars se tuistes nie. “Dis vir baie van hulle slegs ’n oornagplek wanneer hulle in die land is en word as goeie beleggings beskou.”

Die R28 miljoen wat vir dié huis betaal is, is nie naastenby die duurste huis wat hulle al verkoop het nie. Slot het gesê hulle het verlede jaar ’n woonstel in die One & Only-hotel in Kaapstad vir R111 miljoen verkoop.

Volgens hom is daar nog heelwat woonstelle in die V&A Waterfront wat in daardie prysklas val.

- Die Burger

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Kokkie sê... @Blip. Jy gee so hoog op oor die waarheid en dapperheid. Gaan lees weer Tim du Plessis se rubriek , ("DA-gesig het bloed...") in laas Sondag se Rapport en my versoek aan jou wat jy gerieflikheidshalwe onbeantwoord gelaat het.JY is 'n lafhartige, gevoellose,gesiglose, bewerige jellievis wat links en regs beledig en afkraak. Die DA sal nie met 'n stok aan jou wil raak nie. Indien wel,sal niemand met 'n stok aan die DA wil raak nie. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bloem: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 Exec Multitronic
2005
R 165,000.00

BMW

120i (E87)
2005
R 172,900.00

TOYOTA

Corolla 140i GLE MY05
2008
R 146,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.