Ma wil selfmoord ‘agter die rug kry’

2010-02-09 05:36

Stellenbosch

“Dis hartseer, maar ons cope.”

Dít was basies al wat Bernadine, ma van me. Angelique Cilliers (25), gister – ’n week ná haar dogter se selfmoord – aan Die Burger wou sê ná mediaberigte die afgelope naweek waarin sy haar dogter se tragiese verhaal vertel het.

Cilliers is op 19 Januarie in me. Elfriede Weich se woonstel in Kusweg, Strand, in hegtenis geneem. Weich se liggaam is in ’n tas onder haar bed aangetref. Sy is vermoedelik verwurg.

Verlede Maandag het Cilliers haarself met ’n serp in die Polls­moor-tronk se hospitaalvleuel opgehang. Sy sou Vrydag in die Strand-landdroshof om borgtog aansoek doen. Die moordsaak teen haar is van die rol geskrap.

Luidens mediaberigte het Cilliers se droom om ’n sangeres of model te word, ontspoor toe sy as 16-jarige in Bellville bedwelm en verkrag is.

Die drie mans wat hiervoor verantwoordelik is, is nooit vasgetrek nie, en Cilliers het in dwelmmisbruik verval.

Sy het nie hoërskool voltooi nie en haar babadogter, wat gebore is toe sy as 19-jarige by ’n rehabilitasiekliniek was, is aangeneem.

Die Burger het verlede week berig sy is twee keer in Noupoort opgeneem. Die tweede keer is sy weg nadat die sentrum ’n klag van poging tot moord teen haar aanhangig gemaak het. Sy het glo ’n mede-pasiënt teen haar keel gesny en met ’n mes gedreig.

Niks het van dié saak gekom nie, het mnr. Sopho Nissiotis, direkteur van die Noupoort-rehabilitasiesentrum, gesê.

Haar betrokkenheid by die dood van mnr. Winston Ferreira (49) is ook ondersoek. Ferreira se lyk is op 16 Januarie in sy woning in Table View gevind. Geen ooglopende oorsaak van dood was sigbaar nie.

Gister het Bernadine, wat nie haar van wil noem nie, ooglopend uitgeput voorgekom.

Sy wou nie verder oor die aangeleentheid praat nie en wil dit agter die rug kry.

Daar is nog nie begrafnisreëlings nie.

Intussen gaan die ondersoek na Cilliers se dood voort, het insp. Rodney Franks gister gesê.

- Die Burger

binne die burger

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 10-28°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 7-25°C Sunny. Mild. Bfn: 3-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-22°C More sun than clouds. Cool. PE: 10-21°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Designer

Western Cape - Cape Town
New Media Publishing (PTY) Ltd

Sub-editor: Visi

Western Cape - Cape Town
New Media Publishing (PTY) Ltd

IT Risk consultant

Gauteng - Johannesburg
Network Finance Menlyn
R300,000-400,000 Per Annum Cost To Company

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

530d Sport (E60)
2005
R 199,500.00

OPEL

Corsa 1.4i 5-dr
2004
R 54,899.00

VOLKSWAGEN

Golf 6 2.0 TDi CR Highline Dsl 5-dr
2010
R 299,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

LOVEMORE PARK

House R 28 000 000

EVERTON

House R 9 500 000

PRETORIA NORTH

House R 895 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Paramount Uitverkoping

ALLES OP UITVERKOPING

Mission Impossible, Into the Wild, Norbit, Sum Of All Fears & MEER.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...