Lyfstraf 'maak ouers nie misdadigers'

2012-02-03 00:00

PRETORIA. – Die idee dat ­ouers wat hul kinders ’n pak slae gee deur die regering tot misdadigers verklaar moet word, is belaglik en rampspoedig, sê die Apostoliese Geloofsending (AGS).

Dr. Isak Burger, president van dié kerk, het in ’n verklaring gesê hulle erken daar is onverantwoordelike ouers wie se metodes om kinders te dissiplineer op mishandeling neerkom.

Dit is egter onwaarskynlik dat sulke ouers deur so ’n stap afgeskrik sou word.

Verder bevat die Bybel talle voorskrifte oor die belang van billike en liefdevolle dissipline.

Burger het gesê daar is ’n reuse-verskil tussen ouerlike dissipline en kindermishandeling. Om ­ou- ers wat hul plig nakom deur kinders te dissiplineer tot misdadigers te verklaar, is verregaande.

Dr. Gustav Claasen, moderator van die NG Kerk se noordelike sinode, het gesê dié kerk het nie sinodebesluite oor die saak nie.

Hy dink egter ’n mens moet mooi kyk na wat straf of tug in die Bybel beteken het en of dit noodwendig neerkom op lyfstraf.

Dis maklik om Bybeltekste aan te haal, maar ’n mens kan nie sommer ’n “is gelyk aan”-teken plaas tussen destyds en vandag en nie. Persoonlik is hy nie ten gunste van lyfstraf nie.

Ds. Cassie Aucamp, predikant van die Gereformeerde gemeentes Bergsig en Andeon, het gesê in die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika is daar ook nie ’n sinodebesluit nie, maar die gangbare standpunt by hulle is dat ’n pak slae binne grense op sy tyd reg is.


Kommentaar op Facebook:

  • Lizelle Kessell: “Dit moet terugkom skole toe. Flip, vandag se kinders is ombeskof (sic) en kort ’n paar klappe.”
  • Ina Hoffmann Kotze: “In die Bybel staan: Tug die een wat jy lief het. Hoe wil jy dissipline toepas? Met sielkunde? Dit is deur sogenaamde sielkunde dat ons mooi wêreld is waar hy is en dat daar nêrens meer respek is nie.”
  • Petro Johansson:“Vandat jy nie meer jou kind ’n pak mag gee nie, het alle respek in die niet verdwyn. Kyk na ons skole, die kinders het geen respek nie.”
  • Christopher Joynt: “Dit bring lang, indien nie ewigdurende nie, emosionele skade! Hierdie negatiewe vorm van gedrags korreksie (sic) lei tot geweld in die familie in die volwasse lewe!”
  • Elsabe Pepler: “Lyfstraf stuur ’n boodskap van vernedering, verkleinering, van jy is nie goed genoeg nie.”


- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
47 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... 'n Vuurwapen in die hande van enigiemand wat vir welke rede nie 100% "nugter dink" nie is 'n gevaar vir homself sowel vir almal binne trefafstand. Hy, en al daardie mense, is beter af as hy NIE 'n vuurwapen besit nie. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bloem: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 Exec Multitronic
2005
R 165,000.00

BMW

120i (E87)
2005
R 172,900.00

TOYOTA

Corolla 140i GLE MY05
2008
R 146,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.