Loui Fish was ‘glad nie’ onder die invloed

2010-09-09 00:26

Kaapstad

“Volgens my was ek beslis nie onder die invloed van drank nie. Ek het vir ’n slaggat in die pad uitgeswaai.”

Die TV-aanbieder en glanspersoonlikheid Loui Fish het gister in ’n openhartige gesprek gesels oor die voorval Maandagaand omstreeks 19:00 toe sy in Sandton deur de polisie in hegtenis geneem is op aanklag van dronkbestuur.

Fish is die mede-aanbieder van die skinderprogam Tonge Los op ­kykNET. Sy sou ook Maandag begin skiet het as mede-aanbieder van die realiteitsreeks Verander My, vir die Afrikaanse satelliet-TV. Sy het egter besluit om nie meer die program aan te bied nie en net op Tonge Los te fokus.

Nadat sy ná haar inhegtenisneming na ’n distriksgeneesheer by die Hillbrow-polisiekantoor geneem is, is sy agter in die polisievoertuig na Sandton teruggebring. Dáár is borgtog van R1000 omstreeks 23:00 aan haar toegestaan. Sy moet eers op 7 September aanstaande jaar in die Randburgse landdroshof verskyn.

Fish sê sy en haar man, die gewese Bafana-sokkerster Mark Fish, het die middag gaan uiteet. Sy verwys na Fish as haar “eks”, maar hulle is twee jaar gelede net van tafel en bed geskei. Hul skeisaak kom aanstaande jaar voor.

“Mark het ’n bottel rooiwyn bestel. Ek het één glasie daarvan gedrink, nogal met Coke gemeng.

“Daarna is ek huis toe. Ek is ’n baie versigtige bestuurder. Ek het vir ’n slaggat in die pad uitgeswaai en kort daarna het die polisie, wat ek agter my sien ry het, my gestop en is ek in hegtenis geneem. Ek vermoed hulle het die wyn op my asem geruik.

“Dit was nie so erg vernederend nie as traumaties om agterin ’n polisievangwa te moet ry. Die hele ervaring was trouens vir my baie traumaties.

“Ek was glad nie onder die invloed van drank nie. Regtig nie.”

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
47 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Wim sê... In die woorde van Eugene Marais:... di vyande van di Afrikaanse taal is Jingo-Afrikaners- mense so laag gevalle dat jy lus het om jou mond uit te spoel na jy hulle name noem. Ons het al baie slegte nasies en mense in ons tyd gesien, maar nog nooit iets lager of gemeener dan een Engels-gesinde Afrikaner wat sy moeder-taal di - taal deur sy vaders gesproke- verag." Daar is natuurlik ook die wat nie weet wie hulle pa was nie. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 19-26°C Sunny. Mild. Pta: 18-30°C Mostly sunny. Warm.
Jhb: 16-28°C More sun than clouds. Mild. Bloem: 19-30°C More sun than clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-31°C Mostly sunny. Warm. PE: 20-25°C Showers early. Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MERCEDES-BENZ

A 180 ELEGANCE AT
2010
R 244,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.