Lelike stryd dreig in DA

2012-01-22 22:38

KAAPSTAD. – ’n Nare stryd gaan waarskynlik vandeesweek tussen me. Helen Zille, DA-leier, en mnr. Masizole Mnqasela, ’n DA-LP, uitbreek.

Mnqasela moet volgende week op ses klagte voor die DA se federale regskommissie verskyn en nou dreig sy ondersteuners om klagte teen Zille in te dien.

Gister het hy by navraag gesê hy sal vandeesweek ’n openbare verklaring uitreik oor die klagte teen hom en oor wat hy as die pad vorentoe beskou.

Dit is die nadraai van neerbuigende rasgebaseerde opmerkings wat Mnqasela in Oktober verlede jaar oor me. Lindiwe Mazibuko, leier van die opposisie in die parlement, gemaak het. Hy het onder meer gesê sy praat soos ’n wit mens en daarop gesinspeel sy kan nie selfstandig dink nie.

Dit het hy gedoen ter ondersteuning van die uiteindelik onsuksesvolle kandidatuur van mnr. Athol Trollip, wat hom nooit gerepudieer het nie en hom steeds steun.

Ná die leiersverkiesing het Zille Mnqasela se rasgebaseerde opmerkings in haar aanlyn-nuusbrief as Verwoerdiaanse denke bestempel. Dit is waaroor Mnqa­sela se ondersteuners nou wil kla.

Zille het gister by navraag gesê as iemand ontevrede is met haar gedrag, moet hulle klagtes by die federale regskommissie indien. Sy het geen verdere kommentaar nie.

Mnqasela het by navraag gesê daar was ’n openbare meningsverskil tussen hom en Zille, maar nou word net hy aangekla. Hy vind dit onregverdig.

“Ons is ’n party wat vir vryheid en vir gelykheid staan. Almal moet gelyk behandel word. Kyk maar, vandeesweek sal daar groot verwikkelinge wees,” het hy gedreig.

Hy het gesê hy is bewus daarvan dat Zille aangekla moet word voordat optrede teen haar kan volg.

Mnqasela se probleme is nie beperk tot sy rasgebaseerde opmerkings nie. Dit is slegs die eerste klag.

Die tweede klag teen hom is dat hy Zille as ’n Afrika-diktator bestempel het. Derdens word hy daarvan beskuldig dat hy in sy kiesafdeling (die townships langs die N2 suid van Kaapstad) weerstand teen ’n partygenoot, mnr. Bonginkosi Madikizela, Wes-Kaapse minister van behuising, georganiseer het.

Die vierde klag is dat hy beweer het Zille sou gedreig het hy sal nie tot die parlement herkies word tensy hy Mazibuko steun nie.

Die angel is in die laaste twee klagte – dat hy vir Zille gesê het hy sal Mazibuko steun mits sy (Zille) hom ’n Wes-Kaapse minister maak, en dat hy probeer het om die direkteur-generaal van die Wes-Kaap, mnr. Brent Gerber, om te koop om staatskontrakte toe te ken aan ’n maatskappy waarin hy (Mnqasela) ’n belang het.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
18 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... 'n Vuurwapen in die hande van enigiemand wat vir welke rede nie 100% "nugter dink" nie is 'n gevaar vir homself sowel vir almal binne trefafstand. Hy, en al daardie mense, is beter af as hy NIE 'n vuurwapen besit nie. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bloem: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 Exec Multitronic
2005
R 165,000.00

BMW

120i (E87)
2005
R 172,900.00

TOYOTA

Corolla 140i GLE MY05
2008
R 146,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.