LP’s kap Madonsela oor salarisse

2012-02-09 00:00

KAAPSTAD. – ’n Bekgeveg in die kleine het gister in die parlement uitgebreek toe die openbare beskermer (OB) die parlement en LP’s van wanadministrasie beskuldig het.

Adv. Thuli Madonsela het tydens ’n voorlegging aan die portefeuljekomitee oor justisie gesê LP’s het reeds twee jaar gelede die indruk geskep dat hulle saamstem dat die salarispakket van haar adjunk aangepas moet word.

Hulle kan dus nie nou terugkrabbel en aanvoer so ’n besluit is nooit geneem of dat dit nie deur die parlement goedgekeur is nie.

“Vir my kom dit neer op wanadministrasie.”

Mnr. John Jeffery, ANC-LP, het vinnig teruggekap en gesê dié uitlating was onvanpas. Al die LP’s wat in die komitee dien, het gesê daar is dalk simpatie vir die kwessie uitgespreek, maar dit kom nie neer op goedkeuring nie.

Madonsela het haar stelling ná sowat 90 minute se oor-en-weer-pratery teruggetrek en gesê sy het dalk te “kras” oorgekom.

Sy het in haar voorlegging versoek dat die salarispakket van adv. Mamiki Shai, adjunk-OB, aangepas word om op dieselfde vlak as dié van ’n regter-president te wees. ’n Regter-president se salaris is tans sowat R1,59miljoen per jaar en sal op 1 April met die volgende verhoging tot R1,67miljoen per jaar styg.

Madonsela het voorts gevra dat as die parlement die versoek sou toestaan, dit terugwerkend moet wees tot Shai se aanstelling in 2005. LP’s het onmiddellik weer teengeskop omdat wetgewing nie hiervoor voorsiening maak nie.

Jeffery het weer hewig gereageer en gesê Shai het voor haar aanstelling geweet wat haar salaris en pakket sou wees. “Deur die pos te aanvaar, het sy ingestem dat sy tevrede is met die salaris.”

Madonsela het gesê toe Shai in 2005 aangestel is, was haar pakket net meer as R609000. Adv. Law­rence Mushwana, gewese OB, het dit in 2007 aansienlik aangepas. Sy verdien nou meer as R1,2miljoen per jaar.

Mnr. Luwellyn Landers, ANC-voorsitter van die komitee, het gesê hy hoop nie Madonsela neem aanstoot nie, maar hy kan nie insien hoekom die salaris van die OB, wat ook tydens die sitting ter sprake gekom het, gelykstaande aan dié van ’n regter in die appèlhof moet wees nie.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... 'n Vuurwapen in die hande van enigiemand wat vir welke rede nie 100% "nugter dink" nie is 'n gevaar vir homself sowel vir almal binne trefafstand. Hy, en al daardie mense, is beter af as hy NIE 'n vuurwapen besit nie. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 Exec Multitronic
2005
R 165,000.00

BMW

120i (E87)
2005
R 172,900.00

TOYOTA

Corolla 140i GLE MY05
2008
R 146,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.