Krygkor se reislus laat Jan Alleman opdok

2009-12-12 04:13


Kaapstad

Krygkor se direksie en senior werknemers het sedert April verlede jaar bykans R2,5 miljoen bestee om wapententoonstellings wêreldwyd by te woon.

Grootkoppe soos mnre. Popo Molefe, Krygkor-voorsitter, en Sipho Thomo, geskorste bestuurshoof, het selfs eersteklas gevlieg en R63 362 elk bestee aan retoervlugte na ’n tentoonstelling in Maleisië in April verlede jaar.

Voorts het belastingbetalers ook bykans R120 000 opgedok sodat Molefe en twee ander direksielede se vroue hulle na die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) en Londen kon vergesel.

Molefe en mnr. Winston Mosiako se gades se besigheidsklas-retoerkaartjies na Londen het in September vanjaar bykans R48 000 elk gekos. Mnr. Sifiso Msibi se vrou het in Februarie teen R23 109 na die VAE saamgevlieg. Daar is nie ekstra vir verblyf betaal nie omdat die vroue die hotelkamers met hul mans gedeel het.

Dr. Lindiwe Sisulu, minister van verdediging, het dié besonderhede bekend gemaak in antwoord op ’n parlementêre vraag van mnr. David Maynier, DA-LP en woordvoerder oor verdediging. Maynier het gesê die uitgawes is skokkend.

“Molefe sal volgende jaar in die parlement moet kom verduidelik wie die reise goedgekeur het en wie besluit het dat belastingbetalers moet uithaal sodat direksielede se vroue hulle kan vergesel.”

Direksielede het ook uitstallings in Frankryk, Brasilië en Suid-Afrika bygewoon en meestal ten duurste in vyfsterhotelle soos die Sheraton Khalidaya in Abu Dhabi tuisgegaan. Die verblyfkostes vir al agt tentoonstellings beloop meer as R1,1 miljoen.

’n Krygkor-taakspan wat die direksie telkens vergesel het, het gewoonlik in ekonomiese klas gevlieg, maar ook in die luukse hotelle geslaap. Lt.genl. Solly Shoke, hoof van die leër, het die Krygkor-afvaardiging na Maleisië en die VAE vergesel.

“Ek kan nie verstaan hoekom Krygkor, en nié die weermag nie, vir Shoke betaal het,” het Maynier gesê.

“Krygkor kla altyd hy kry nie genoeg geld van die regering nie, maar pleks van hul gordels in te trek, vlieg die topbestuur soos fat catsin besigheidsklas.”

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Alet sê... Jy slaap nie rond, jy slaap in die ronte... Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 5-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 2-16°C Sunny. Quite Cool. Bloem: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-21°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

.Net Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R180000 - R350000

Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R200000 - R300000

Management Accountant

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 134,994.00

VOLKSWAGEN

Kombi T5 LWB 1.9 TDi MPV Dsl
2005
R 219,950.00

TOYOTA

Yaris 1.3 T3 Plus 5-dr
2007
R 109,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.