Konsepwet kan einde van safari’s beteken

2010-01-06 05:55

Vanderbiljpark

Die begin van die einde het aangebreek vir olifant­safari’s in Suid-Afrika.

Dít is as die wetgewing, soos vervat in die huidige konsep oor die bestuur van olifante in gevangeneskap, deurgevoer word.

Olifantsafari’s is ’n omstrede bedryf wat miljoene rande per jaar werd is.

Dit sal ook beteken dat geen bykomende olifante, buiten dié wat reeds opgelei is, in sirkusse gebruik sal kan word nie.

Mnr. Rory Hensman, eienaar van Elephants for Africa Forever (Efaf) en ’n bekende olifanttemmer, het gister gesê as die huidige konsepwetgewing oor die bestuur van olifante in aanhouding deurgevoer word, vat hy sy goed en trek weg.

Volgens Hensman is dit duidelik die regering wil die mat onder die bedryf “uittrek”. Hy het gesê hy is “werklik moedeloos” met die manier waarop die regering die land se wild bestuur.

Hy het glo wetenskaplike bewyse daarvan dat olifante “gelukkig” is in aanhouding omdat dié diere in Suid-Afrika reeds meer as 98% van hul habitat verloor het.

Organisasies soos Public Watch, Four Paws South Africa, die International Fund for Animal Welfare en dierebeskermingsverenigings het die konsepwetgewing verwelkom.

Hulle meen beleidmakers het die jongste wetenskaplike bewyse oor olifantgedrag, asook die diere se aard in ag geneem by die opstel van die konsepwetgewing.

Die konsepwetgewing, waarby openbare kommentaar nou bygewerk sal word, verbied onder meer die oplei en mak maak van olifante deur die gebruik van swepe, latte of porstokke of enige ander instrumente wat pyn of ongemak veroorsaak.

Me. Louise Joubert van Sanwild, ’n rehabilitasiesentrum by Gravelotte, het gesê soos die konsepwetgewing nou daar staan, sal dit dus “onmoontlik” wees om ’n Afrika-olifant op te lei of mak te maak.

Dit sal dus die safaribedryf indirek keer om uit te brei.

Ingevolge die konsepwet mag jong olifante nie van hul ma’s verwyder word nie.

Nét familiegroepe mag gevang word met die oog daarop om hulle mak te maak en aan te hou.

- Die Burger

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Djim sê... Jy kan enigiets in die lewe verloor en weer trug kry of herbou, maar jou naam, as dit weg is is dit vir altyd. Nogal lank wat die stort kop saam met hom loop, nou is dit net n' 2e kop. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 5-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 2-16°C Sunny. Quite Cool. Bloem: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-21°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Management Accountant

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Management Accountant

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Financial Manager

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

AUDI

A3 2.0 FSi Attraction 3-dr
2004
R 165,000.00

NISSAN

Tiida 1.6 Visia+ 5-dr
2006
R 119,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.