Kommer oor poedel in motor ná kaping

2009-11-10 08:03

Stellenbosch. – ’n Vrou van die Strand is bekommerd oor haar vyfjarige malteserpoedel, Scrappy, wat agter in haar motor was toe dit Vrydagaand gekaap is.

Me. Sandra Lizamore (55) het Vrydagaand na haar vriend se huis in Darriesstraat, Strand, gery. Hy was nie tuis nie en sy het drie huise verder stilgehou om hom met haar selfoon bel.

Terwyl sy die oproep gemaak het, het ’n man haar hand met die selfoon gegryp, die kettings om haar nek afgepluk en haar uit die motor geboender.

Twee mans het in die motor geklim.

“My hondjie het agter gesit,” het Lizamore gister gesê.

Sy het deur die oop motorruit geleun en na die een man se gesig gekrap, maar hulle het weggejaag.

Lizamore het gister gesê sy is vol blou kolle soos sy op die grond neergegooi is en haar keel is seer geskree.

“Waar is jy nou veilig? Dit gebeur so gou. Wat maak jy as twee mans jou aanval? Wat kan jy nou doen?” het sy gevra.

Benewens die selfoon en die ander besittings wat saam met die silwer Mazda gebuit is, is dit veral oor Scrappy dat sy haar bekommer. Sy wonder of haar aanvallers vir Scrappy uit die motor gegooi of dalk van kant gemaak het.

“Wáár is sy? Het hulle haar (by die motor) uitgegooi of vrekgemaak?” het Lizamore gevra.

“Dit is nou maar my ou baby in die huis. Sy was altyd by my. Wat kan mens nou doen? Dit is nie ’n aardse besitting nie; dit is jou maatjie. Dit was maar soos ’n kind.”

Volgens Lizamore het Scrappy ’n halsbandjie om haar nek waarop haar naam en Lizamore se telefoonnommer is.
Gistermiddag laat het die polisie nog nie op Die Burger se navraag gereageer nie. – Jan Gerber

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Nolan sê... Sammy gaan tjorts in jou broek. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Fiesta Sedan 1.6 Ambiente
2011
R 169,900.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Trendline MY05
2006
R 114,995.00

BMW

525i E60 AT
2005
R 249,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.