Koerante in regering se visier

2010-07-30 01:03

Kaapstad

Die ANC beoog ’n totale aanslag teen die gedrukte media wat hy met wetgewing en ondersoeke in die bek wil ruk.

Die besprekingsdokumente vir die regerende party se nasionale hoofraadsvergadering in September is pas uitgereik. Hieronder is ’n dokument met die titel “Transformasie in die media, eienaarskap en diversiteit”.

Dit skets die roete wat die ANC wil volg teen ’n “neo-liberale” media wat die regering as “swak en passief” uitbeeld, “individue se regte oorbeklemtoon” en “fundamentalisties markgedrewe” is.

Die ANC stel dit prontuit “wetgewing en ingryping” is nodig om ’n diverse media te verseker.

Die besprekingsdokumente kom te midde van die omstrede voorgestelde Wet op die Beskerming van Inligting wat die staat sal magtig om enige sensitiewe inligting te klassifiseer en joernaliste swaar te straf.

Luidens die dokument is veral die gedrukte media ’n doring in die party se vlees weens berigte waarin selde positief oor die regering verslag gedoen word.

“?’n Oppervlakkige opname van die gedrukte media onthul ’n verbysterende graad van oneerlikheid, ’n gebrek aan professionele integriteit en onafhanklikheid.”

Volgens die ANC ontvang korrupte verslaggewers geld om sekere politieke agendas te bevorder en is dié “verrotting” baie erger as wat die media wil erken.

Die party het veral ’n probleem daarmee dat vertroulike inligting ná geslote partyvergaderings aan die media gelek word.

Die dokument lui voorts dat regstellings nooit voldoende prominensie geniet nie en dat die persombudsman (selfregulering) onvoldoende is.

“Dié situasie is onhoudbaar”. Die ANC meen gevolglik dit is sy plig om in te gryp om die media se geloofwaardigheid te beskerm.

Verder is ’n verantwoordelike en regverdige media sentraal tot die ANC se nasionale demokratiese revolusie en word sekere voorstelle gemaak:

  • ’n Onafhanklike media-appèltribunaal om klagtes teen die gedrukte media – koerante en tydskrifte – aan te hoor.

Dié voorstel behels dat die parlement deur middel van openbare verhore moet ondersoek instel of só ’n tribunaal met staatsgeld gefinansier moet word en aan die parlement moet verslag doen.

Verder moet die parlement die mandaat en magte van die tribunaal bepaal.

  • Die parlement moet ook ondersoek instel na die eienaarskap en beheer oor die gedrukte media, die uitdagings wat dit stel en “wat gedoen moet word om die situasie om te keer”.
  • Spesiale wetgewing om mededinging in die gedrukte media te bevorder, moet ondersoek word.
  • Die Mededingingskommissie moet betrek word om monopolieë en prysvasstelling te ondersoek.
  • Die parlement moet ook ondersoek instel na die noodsaaklikheid van ’n handves wat aan maatskappye in die gedrukte media vereistes stel vir swart ekonomiese bemagtiging en transformasie.

Bogenoemde voorstelle sal in Durban bespreek word wanneer ANC-afgevaardigdes vergader om bestekopname te doen oor die party se vordering sedert sy nasionale konferensie in 2007 in Polokwane.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
35 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... 'n Vuurwapen in die hande van enigiemand wat vir welke rede nie 100% "nugter dink" nie is 'n gevaar vir homself sowel vir almal binne trefafstand. Hy, en al daardie mense, is beter af as hy NIE 'n vuurwapen besit nie. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bloem: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 Exec Multitronic
2005
R 165,000.00

BMW

120i (E87)
2005
R 172,900.00

TOYOTA

Corolla 140i GLE MY05
2008
R 146,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.