Kind soos hond aan tafel vasgemaak

2009-11-25 06:31

Magdel Fourie

Johannesburg - Uitgeteer, besmeer, al knagende aan ’n vleisbeen en soos ’n hond aan ’n tafelpoot vasgemaak.

Dít is hoe ’n vyfjarige meisie van die Oos-Rand wat glo oor ’n tydperk herhaaldelik verkrag is, onlangs gevind is nadat iemand ’n miaau-geluid gehoor het.

Haar ma, vermoedelik ’n prostituut wat dalk selfs die kind uitverhuur het, word nou van kinderverwaarlosing aangekla.

’n Buurvrou het op die kind afgekom nadat sy ’n geluid uit ’n plakkershut in Etwatwa gehoor het. Sy het toe die deur afgeskop, het Philip Stoneman van die iThemba-verkragting-en-trauma-steunsentrum in Benoni gesê.

’n Waterbak het langs die kind op die vloer gestaan. “Sy was baie vuil en dit blyk sy het selfs van haar eie ontlasting geëet.”

Sy het dik eelte op haar knieë, enkels en elmboë gehad, kon nie loop of praat nie en was nie in staat om ’n toilet te gebruik nie.

“Sy was baie aggressief en het hard gelag. Sy het glad nie gereageer op liefde van die sorgwerkers nie. Toe een van die werkers haar ’n poppie gee, het sy dit net weggesmyt.”

Duidelike bewyse van herhaaldelike verkragting oor ’n lang tydperk is gevind, het Stoneman gesê. Dit is onduidelik of dit met ’n geslagsorgaan of ’n objek was.

Haar ma is in aanhouding, het kapt. Timothy Masilela, polisiewoordvoerder, gesê.

Sedert “Klein L,” soos die werknemers van iThemba haar noem, in die sorg van ’n sorgwerker in Etwatwa geplaas is, het haar toestand en gedrag reeds baie verbeter, het Stoneman gesê.

- Beeld

Lewer kommentaar op hierdie artikel
21 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Julianna sê... Ek was in Wonderboom in die Weermag - seinkorps. Laasjaar besluit ek om my kinders te gaan wys waar ek in SAVKOL was, en tot my verleentheid, skok en verbasing stem die plek wat ek voor my sien glad nie ooreen met die plek wat ek vir my kinders geskets het nie. Eerstens ry ons daarin sonder dat enigiemand eers ons motor deursoek of ons iets invul. Tweedens lyk dit so vervalle dat ek van mening was die basis is gesluit. Die wasgoed wat egter by die vensters uitgehang het, het gewys dat daar tot nog lewe was. Wat 'n skok. Vullis het in hope voor die deure gelê, die eens dik groen grasperke was lank en kol-kol dood. Vensters was vuil en stukkend, verf het afgedop en die pragtige blombeddings was blomloos en onkruid oortrek. Die swmbaddens was groen en vuil... Dit was skokkend! Ek kon werklik nie my oë glo nie, soveel verval in 19 jaar... Daar is geen trots meer, daarom dat dit so lyk. Volgens wat ek daardie dag gesien het sou dit meer as 'n besem en hark kos om dit aanvaarbaar te maak. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 5-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 2-16°C Sunny. Quite Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-21°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

BA

Tshwane (Pretoria)
Communicate Bruma IT Delivery
R380000 - R420000

Oracle Applications DBA

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R380000 - R540000

.Net Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R180000 - R350000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

AUDI

A3 2.0 FSi Attraction 3-dr
2004
R 165,000.00

NISSAN

Tiida 1.6 Visia+ 5-dr
2006
R 119,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.