Kapenaar swem myl in ysige water

2011-09-02 00:00

Kaapstad

Die Kaapse tiener wat die noordelike deel van Kanada saam met die ontdekkingsreisiger Mike Horn en sewe ander jong mense verken, het vandeesweek ’n myl in ysige water geswem.

Henko Roukema (19) van Durbanville het Dinsdag in die Noordelike Yssee tussen Groenland en Baffin-eiland in Nunavut in noordelike Kanada 1,6km (een myl) ver geswem om mense bewus te maak van aardverwarming.

Hy studeer maritieme studies aan die Kaapse Skiereiland Universiteit vir Tegnologie (KSUT).

Hy besoek die Nunavut-streek in Kanada as deel van Horn se jeug-ontdekkingsreis, die Young Explorers Expedition (YEE). Die doel is om inheemse Inuïet-gemeenskappe en die gebied waar hulle woon beter te leer ken.

“Ek is oorstelp van vreugde dat ek die afstand kon voltooi, maar ook hartseer om in hierdie water te kan swem,” het Henko op sy blog geskryf.

Die gebied waar hy geswem het, is gewoonlik vasgevries.

“Die werklikheid is presies waarvoor ons as mense die bangste is, veral die werklikheid van wat met die wêreld en die klimaat gebeur – die werklikheid wat my toelaat om ’n myl ver in die Arktiese deel van Kanada kan swem!”

Die temperatuur van die seewater was 4,6°C en die wind het boonop gewaai, wat dit volgens Henko baie, baie koud gemaak het.

Hy is ’n ervare ysswemmer wat gereeld deelneem aan kompetisies in ysige water, soos die Cadiz-swemkompetisies aan die Weskus en die jaarlikse Speedo Africa Ice Swim naby Fraserburg.

“’n Mens móét genoeg in yswater oefen voor ’n mens so iets aanpak,” het hy op sy blog geskryf.

Hy is na die tyd deur Horn gelukgewens.

Hy keer Dinsdag terug na Suid-Afrika.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... 'n Vuurwapen in die hande van enigiemand wat vir welke rede nie 100% "nugter dink" nie is 'n gevaar vir homself sowel vir almal binne trefafstand. Hy, en al daardie mense, is beter af as hy NIE 'n vuurwapen besit nie. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bloem: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 Exec Multitronic
2005
R 165,000.00

BMW

120i (E87)
2005
R 172,900.00

TOYOTA

Corolla 140i GLE MY05
2008
R 146,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.