Kadalie vies oor ‘vuil politiek' by Maties

2010-03-04 02:22

Stellenbosch

Humeure loop al klaar hoog in die verkiesing van raadslede vir die Universiteit Stellenbosch (US).

Die Burger het gister berig oor twee groepe wat spesifieke kandidate steun en ’n verkiesingsveldtog onder meer per e-pos loods.

Dr. Rhoda Kadalie, een van die 15 kandidate wat benoem is om in die konvokasie van die US-raad te dien, was hoogs ontsteld omdat sy gekoppel word aan ’n spesifieke groep.

Dié groep – onder aanvoering van proff. Hermann Giliomee, Lina Spies, dr. Marié Heese en mnr. Jacko Maree – lys Kadalie met prof. Wannie Carstens, dr. George du Toit en adv. Jan Heunis as een van hul konvokasiekandidate. Mnr. George Steyn is hul kandidaat vir die donateursafdeling.

Dié groep het gesê: “Die huidige (wan)toepassing van die taalbeleid moet gestuit word.”

Die ander groep, onder die vaandel van “Matiekieser”, het volgens hul woordvoerder, dr. Edwin Hertzog. ontstaan op versoek van die universiteitsgemeenskap. Saam met hom be­ywer mnre. Desmond Smith en Gerhard van Niekerk hulle vir die “bevordering – nie redding nie – van Afrikaans”. Van hulle was beide Hertzog en Smith voorsitters en is Van Niekerk tans nog ondervoorsitter van die US-raad.

Dié groep steun as mnre. Piet Beyers, Steven Georgala en Francois Groepe en mes. Marike Groenewald en Sanette Nowers as kandidate vir die konvokasie. As kandidate vir die donateurs steun hulle mnre. Ma­rius Fürst en Desmond Smith.

Daar is vyf onafhanklike kandidate vir die konvokasie – prof. Pierre de Vos, me. Natalie Egelhof , drs. Hans Heese, Trunette Joseph en me. Ma­rion Shaer – en een vir die donateurs, prof. Piet van der Walt.

Kadalie, rubriekskrywer van Die Burger, het gistergesê sy wil nie betrokke raak by die “vuil politiek” van die US nie. Sy het uitgevaar teen die sogenaamde “faksies” en het besware omdat sy, glo sonder haar medewete, op ’n e-pos gelys word as een van ’n spesifieke groep kandidate.


- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Isabel sê... Die waarheid maak seer, ne ou Stortkop. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 5-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 2-16°C Sunny. Quite Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-21°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Accountant

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Embedded Developer

Cape Town
Communicate Cape Town IT
R30000 - R40000

Software Engineer

Cape Town
Communicate Cape Town IT
R20000 - R30000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 134,994.00

VOLKSWAGEN

Kombi T5 LWB 1.9 TDi MPV Dsl
2005
R 219,950.00

TOYOTA

Yaris 1.3 T3 Plus 5-dr
2007
R 109,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.