Kaapse brandbestryder sterf
2012-02-06 13:51
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Die Burger op
'n Brandbestryder is dood terwyl sy span gesukkel het om 'n veldbrand tussen Piketberg en Velddrif aan die Kaapse Weskus onder beheer te kry.
'n Woordvoerder van Nooddienste sê die man, in sy 30s, het gehelp om die brand in die berge op die plaas Moutonshoek onder beheer te kry toe drie van hulle geval het.
Hy het omtrent 30 meter geval.
'n Rots het losgeraak en op hom beland.
Die oorledene se naam is nog nie bekend gemaak nie.
Die ander twee mans het nie so ver geval nie en is nie beseer nie.
SAPA