Jong Kapenaar kuier by Eskimo’s in Kanada

2011-08-24 00:00

Kaapstad

’n Jong Kapenaar ontdek tans die noordelike dele van Kanada nadat hy gekies is om saam met ’n bekende ontdekkingsreisiger na die Inuïet-gemeenskappe in dié gebied te reis.

Henko Roukema (18) van Durbanville is een van agt jong mense wat sedert 14 Augustus saam met die ontdekkingsreisiger ­Mike Horn die ysige toestande in die noorde van Kanada aandurf.

Die jong mense uit lande soos Suid-Afrika, Switserland, Pole, Oostenryk en Duitsland besoek die Nunavut-streek in Kanada as deel van Horn se jeug-ontdekkingsreis, die Young Explorers Expedition (YEE). Die doel is om inheemse Inuïet-gemeenskappe en die gebied waarin hul woon beter te leer ken.

Roukema was in Junie by ’n avontuurkamp op die dorpie Chateaux d’Oex in Switserland, waar hy vir die ekspedisie gekies is.

Die span het pas ’n staptog van vier dae oor ’n gletser voltooi nadat hulle op Horn se boot, die Pangaea, tussen ysberge geseil het. Roukema, wat ’n dagboek in die vorm van ’n blog hou, het op die YEE-webtuiste geskryf hy en die span het die kans gekry om op ’n ysberg te staan.

Hy het ook ’n ysbeer gewaar. “Ek het nie gedink ek sou ooit ’n regte ysbeer kon sien nie,” het hy geskryf. “Hierdie is waarlik die kans van ’n leeftyd.”

Roukema moes homself deeglik voorberei vir die avontuur en het in die weke voor sy vertrek daagliks ure se fisieke aktiwiteite soos swem, fietsry, bergklim en hardloop gedoen.

Hy het ook in ys gebad om homself gewoond te maak aan die ysige temperature in die gebiede wat hy sou besoek.

Roukema, wat maritieme studies aan die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie (KSUT) studeer, neem gereeld deel aan kompetisies in ysige water, soos die Cadiz-swemkompetisies en die Speedo Africa Ice Swim naby Fraserburg.

Hy keer op 4 September terug na Suid-Afrika.
 

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... 'n Vuurwapen in die hande van enigiemand wat vir welke rede nie 100% "nugter dink" nie is 'n gevaar vir homself sowel vir almal binne trefafstand. Hy, en al daardie mense, is beter af as hy NIE 'n vuurwapen besit nie. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bloem: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 Exec Multitronic
2005
R 165,000.00

BMW

120i (E87)
2005
R 172,900.00

TOYOTA

Corolla 140i GLE MY05
2008
R 146,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.