Ikey se protes is ‘teen irrasionele boelies’

2010-02-18 00:43

Kaapstad

“My protes is nie teen die president of die ANC nie. Dit is teen polisielede met die mentaliteit dat hulle eiereg kan gebruik.”

Só het mnr. Chumani Maxwele (25), die Ikey-student wat verlede week in hegtenis geneem is, gister aan Die Burger gesê.

Die polisie beweer Maxwele is aangehou omdat hy sy middelvinger vir pres. Jacob Zuma gewys het toe dié se bloulig-konvooi by hom verbygery het.

Maxwele hou vol hy het nie sy middelvinger gewys nie, maar met sy hand na die konvooi gewaai en gesê “hamba” (gaan weg), omdat die konvooi ’n lawaai gemaak het.

“Ek het nie eens geweet dit is Zuma se konvooi nie.”

Hy glo hy was die slagoffer van “irrasionele boelies wat hul lyf grootmeneer hou”.

Maxwele, ’n ANC-lid van Woodstock, het verlede Woensdagaand gedraf toe die konvooi by hom verby gery het.

Een van die voertuie het stilgehou en hy is op aanklag van verset teen inhegtenisneming en crimen injuria in hegtenis geneem.

Hy moes in die voertuig klim. Die polisie het ’n sak oor sy kop getrek en hom byna 24 uur aangehou.

Hy is eers geneem na die Rondebosch-polisiekantoor en later na die Mowbray-polisiekantoor, waar hy tot verlede Donderdagmiddag aangehou is.

Hy is nooit ingelig die aanklagte is teruggetrek nie en hy het dit deur die media uitgevind.

Hy het besluit om sy storie bekend te maak omdat “só baie regte geskend word deur mense wat daarop aanspraak maak hulle het die hoogste verantwoordelikheid om die wet toe te pas”.

“Dié storie gaan oor ’n atleet wat geteister en verneder is, en nie sy betrokkenheid by die ANC of enige ander instelling nie.”

Daarom wil Maxwele nie sê waarvandaan hy kom of wat hy studeer nie.

Intussen het me. Helen Zille, premier van die Wes-Kaap, gister die Mowbray-polisiekantoor besoek. Sy wou haar toesighoudende rol vervul deur haar te vergewis van die omstandighede waarin Maxwele aangehou is.

“As ’n mens in hegtenis geneem word omdat hy ’n vinger wys vir die president se konvooi, gaan ons dieselfde pad as Zimbabwe stap. Dit moet nou gestop word.”

Zille het die voorval as ’n “ernstige misbruik van mag” beskryf.

Sy het die kwessie ook op ’n vergadering met mnr. Nathi Mthethwa, minister van polisie, bespreek.

Mnr. Robert McDonald, Zille se woordvoerder, het gesê Mthethwa het haar gevra om vir hom ’n verslag oor die gebeure saam te stel.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
11 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

hjonker sê... Is hierdie 'n grap of wat? Liewe hel ons moet dit elke liewe Vrydag gedoen het. Moan soldate nou omdat hul hul basis moet skoon hou? Hul is gelukkig hul moes nie die paradegrond skoon vee nie... Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 5-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 2-16°C Sunny. Quite Cool. Bloem: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-21°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

.Net Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R180000 - R350000

Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R200000 - R300000

Management Accountant

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 134,994.00

VOLKSWAGEN

Kombi T5 LWB 1.9 TDi MPV Dsl
2005
R 219,950.00

TOYOTA

Yaris 1.3 T3 Plus 5-dr
2007
R 109,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.