Huiseienaars in ryk buurte ‘sal moet betaal of trek’

2010-02-10 05:24

Kaapstad

Eienaars van wooneiendom in armer gedeeltes van Kaapstad kan moontlik die volgende vier jaar minder eiendomsbelasting betaal vanweë die nuwe munisipale eiendomswaardasies.

Mnr. Emil Weichardt, bestuurder van die Kaapstadse munisipaliteit se waardasiedepartement, het gister gesê die swakker eiendomsmark in dié segment kan wel beteken dat eiendomsbelasting in sommige gevalle gaan daal of dieselfde bly. Hy het inwoners daarop gewys dat elke eiendom afsonderlik gewaardeer is in die nuutste munisipale waardasies. “Ligging, grootte, verbeterings, die aantal slaapkamers en die gehalte van die afwerkings speel gesamentlik ’n rol in die waardasieproses.”

Die eiendomspryse wat in die onmiddellike omgewing van die betrokke eiendom behaal is, is ook in ag geneem. Waar daar in sogenaamde rykmanswoonbuurte hoër pryse behaal is vir eiendom sedert die vorige waardasie, sal waardes styg en inwoners meer erfbelasting betaal. Iemand wat al dekades lank in ’n strandkothuis in Clifton woon waarvan die waarde nou R16 miljoen of R18 miljoen is, kan nie afslag kry nie.

“Jy kan nie voortgaan om in ’n rykmansbuurt te bly as jy dit nie kan bekostig nie,” het Weichardt gesê.

In sulke gevalle sal die eienaars ’n plan moet maak, soos om ’n verband op hul eiendom uit te neem om die eiendomsbelasting te kan bekostig.

Die nuwe waardasies – wat geld van 1 Julie vanjaar tot 30 Junie 2014 – is van 22 Februarie af vir ’n tydperk van twee maande ter insae sodat eiendomsbesitters beswaar kan maak indien nodig. Die waardasies sal op die munisipale webblad, www.capetown.gov.za/propertyvaluations/, beskikbaar wees.

Mense met navrae het twee maande tyd om dit by 18 lokale wat reg oor Kaapstad ingerig is, te doen.

Daar is 780 000 eiendomme se inligting op die webblad beskikbaar en dit is dus nie nodig dat almal dié lokale hoef te besoek nie.

“Ons kan nie allerlei voorstelle oor die waardasies aanvaar nie. Daar is bepaalde riglyne gevolg met die waardasies. Jy kan nie jou buurman se eiendom as voorbeeld gebruik vir jou klagtes nie. Elke eiendom is uniek,” het Weichardt beklemtoon.

Hy het ook gevra dat diegene wat navrae het, dit deur die loop van die twee maande rig.

Almal moenie op die eerste dag al antwoorde verwag of andersins tot die laaste minuut wag om besware in te dien nie. Indien foute gemaak is, word dit reggestel.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
95 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Nolan sê... Sammy gaan tjorts in jou broek. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Fiesta Sedan 1.6 Ambiente
2011
R 169,900.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Trendline MY05
2006
R 114,995.00

BMW

525i E60 AT
2005
R 249,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.