Hondjie amper bokveld toe na arend hom vang

2010-03-15 13:21

 ’n Yorkshire-terriër uit die Vrystaat het die naweek by die dood omgedraai toe ’n ­breëkoparend hom gegryp en uit die lug op ’n grondpad laat val het dat sy ribbes breek.

Die arend se kloue het ook die hondjie se longe deurboor.

Max, die sesjarige Yorkie, en sy eienaar, me. Ellen Pike van Bloemfontein, het by mnr. Philip Fourie van die wildplaas Tuinskloof in die Patensie-distrik gekuier toe die arend Saterdag omstreeks 11:30 vir Max opgeraap het.

“Ons neem aan die arend het Max van die stoep af gegryp en toe hier onder langs die grondpad laat val, want daar was geen spoor of merk rondom hom nie,” het Pike gesê.

Sy en Fourie se seun, Philip jr., het met ’n motorfiets na beeste gaan kyk toe hulle langs die pad op Max afkom. Hulle het gesien hoe ’n groot breëkoparend van hom af wegvlieg.
“Dit was verskriklik traumaties. Max was heeltemal bewusteloos en het geroggel terwyl hy swaar asemgehaal het.
“Ek was bitterlik ontsteld.

 Hy is soos my kind.”Max is dadelik na die veearts op Humansdorp geneem, waar hy later geopereer is.

Daar was ’n skeur van twee sentimeter baie naby aan sy hart en sy longe het platgeval.Teen gistermiddag was hy stabiel, maar sy longe moes steeds gedreineer word.

Volgens Fourie is daar baie breëkoparende op sy plaas wat al vir lammerskade verantwoordelik was.“Hulle vang ook klein rooibokke en springbokke. Die breëkop­arend is die grootste arend in Afrika met ’n vlerkspan van tot 2,9 meter.

Volgens Pike moes die arend gedink het Max is ’n dassie of so iets. – Erika Ferreira 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Nolan sê... Sammy gaan tjorts in jou broek. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Fiesta Sedan 1.6 Ambiente
2011
R 169,900.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Trendline MY05
2006
R 114,995.00

BMW

525i E60 AT
2005
R 249,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.