Hof laat hom nie uit oor visum

2012-02-04 03:00

KAAPSTAD. – Die Wes-Kaapse hooggeregshof het gister nie ’n beslissing oor die regering se hantering van die Dalai Lama se visum-aansoek gevel nie, aangesien dit “geen praktiese waarde” sou hê nie.

Sekere bekommernisse oor dié optrede is egter wel geopper.

Regters Elizabeth Baartman en Dennis Davis het eenparig in die Wes-Kaapse hooggeregshof ’n aansoek van mnre. Mangosuthu Buthelezi, IVP-leier, en Mo­siuoa Lekota, ­Cope-leier, met koste van die hand gewys. Dié twee het ’n aansoek teen die departemente van binnelandse sake en internasionale betrek- kinge en samewerking gebring oor hul optrede rakende die Dalai Lama se vi­sum­aansoek.

Die Dalai Lama sou emeritus-aartsbiskop dr. Desmond Tutu se 80ste verjaardagpartytjie op 7 Oktober verlede jaar bywoon, maar het sy reis gekanselleer weens ’n gesloer met die visumaansoek.

Die regters het bevind dat ’n hofbevel geen praktiese uitwerking sou hê nie weens die buitengewone omstandighede van dié saak. Die gebeurtenis waarheen die Dalai Lama genooi is, het lank gelede plaasgevind.

Die Dalai Lama het ook sy vi­sumaansoek teruggetrek.

Lekota en Buthelezi het die Dalai Lama genooi om Menseregtedag in Maart vanjaar in Suid-Afrika by te woon.

Daar is egter geen bewyse dat die Dalai Lama hierdie uitnodiging aanvaar het nie, het die regters bevind.

Daar is egter geen rede tot kommer dat die hof in die toekoms nie tot die Dalai Lama (of enige ander verontwaardige visumaansoeker) se bystand sal kom nie, mits die omstandighede gepas is en hulle die hof nader, het die regters gesê.

In Davis se geskrewe uitspraak het hy sekere bekommernisse oor die departement van binnelandse sake se hantering van die kwessie geopper.

Een hiervan was dat die Dalai Lama se verteenwoordigers verkeerde advies gegee is oor die tydperk waarvoor die visum geldig sou wees.

’n Ander was dat die minister en die direkteur-generaal van binnelandse sake teenstrydige antwoorde gegee het oor waarom daar ’n vertraging met die besluit oor die visumaansoek was.

Dr. Mario Ambrosini, IVP-LP, het in reaksie gesê die IVP oorweeg om teen die beslissing te appelleer, berig Rajaa Azzakani.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... 'n Vuurwapen in die hande van enigiemand wat vir welke rede nie 100% "nugter dink" nie is 'n gevaar vir homself sowel vir almal binne trefafstand. Hy, en al daardie mense, is beter af as hy NIE 'n vuurwapen besit nie. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bloem: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 Exec Multitronic
2005
R 165,000.00

BMW

120i (E87)
2005
R 172,900.00

TOYOTA

Corolla 140i GLE MY05
2008
R 146,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.