Hlophe ontken hy wou Langa nie groet

2009-08-14 01:10

Johannesburg

Die regter-president van die Wes-Kaap, regter John Hlophe, het ’n brief aan regter-president Pius Langa gefaks waarin hy ontken dat hy gesê het hy het geweier om Langa se hand te skud “omdat ek nie ’n wit man se hand gaan skud nie”.

Hlophe het dié uitlating glo in ’n onderhoud met die Mail & Guar­dian(M&G) gemaak. Hy het glo ook afbrekend na die konstitusionele hof se regters verwys as “groen togas, wit geregtigheid”.

In die brief wat Hlophe Dinsdag aan Langa gefaks het, sê hy dit was iemand anders wie se hand hy geweier het om te skud.

Volgens hom het die M&G se verslaggewer vir hom gevra of hy ’n persoon, “wat dié (verslaggewer) na verwys het as ’n ‘wit man’, ’n rassis genoem het”.

Dít is glo ’n verwysing na regter Wilfred Thring.

Volgens Hlophe het hy aan die verslaggewer verduidelik dat Langa voorgestel het hy moet dié man se hand skud.

“Ek het geweier om dit te doen, want ek was so woedend,” skryf Hlophe.

Hy skryf hy het twee keer Langa se hand geskud by die onlangse RDK-sitting in Johannesburg en “ek sou nooit op só ’n kleinerende manier oor u gepraat het nie”.

Hy het ook gesê dat hy die “werk en simboliek van die konstitusionele hof as heilig” beskou.

Hy het gesê hy beskou die M&G-berig as “vals (en) kwaadwillig” en dring daarop aan dat die koerant die berig terugtrek.

Die redakteur van die M&G, Nic Dawes, het gesê hy staan by die juistheid van die berig.

Adv. Marumo Moerane SCD, woordvoerder van die RDK, het vroeër die week gesê die RDK sal die beweerde uitlatings ondersoek nadat hulle seker gemaak het dat die M&G se berig korrek was.

Dit was gister nog nie duidelik of die RDK al die juistheid van die berig kon bevestig of nie.

Hy het gesê die M&G-berig sal “heel waarskynlik” môre bespreek word wanneer die RDK se klagtekomitee by die O.R. Tambo-lughawe vergader.

Ondertussen het die burgerregte-inisiatief AfriForum gister bekend gemaak dat hy ’n amptelike klagte teen Hlophe oor die beweerde uitlatings by die RDK ingedien het “sodat dit nie onder die mat gevee kan word nie”.

Moerane was, toe Die Burger gister met hom gepraat het, nog nie bewus van die klagte nie, maar het gesê indien daar wel so ’n klagte ingedien is, sal dit ook môre deur die klagtekomitee bespreek word.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Nolan sê... Sammy gaan tjorts in jou broek. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 180i GSX MY02
2003
R 95,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

MINI

Cooper Hatch R56 1.6 3-dr
2008
R 149,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.