‘Hebsug bedreig lewe op aarde’

2011-12-03 04:00

DURBAN

Hebsug, materialisme en selfsug het die klimaatonderhandelings hier laat vasval en bedreig volgens ’n groep geestelikes die voortbestaan van lewe op aarde.

“Dit is God se ongelooflike skepping wat hier in Durban op die spel is,” het van die geestelikes gesê.

’n Koalisie van geloofsgroepe en geestelikes het gistermiddag by COP17 gesê hulle is diep teleurgesteld in die politieke leiers en doen ’n beroep op hulle om nóú die dooie punte op te los.

“Ons het net een planeet,” het hulle gesê.

Die koalisie het in ’n verklaring wat aan me. Christiana Figueres, uitvoerende sekretaris van die VN se sekretariaat oor klimaatsverandering, oorhandig is, gesê klimaatonderhandelings gaan nie net oor die ekonomie en tegnologie nie, maar is in sy wese ’n “morele, geestelike en kulturele kwessie”.

’n Emosionele Figueres het onderneem om die boodskap aan die 192 lande se onderhandelaars te bring.

Figueres het gesê sy is dankbaar dat die geestelike leiers hul geloof behou het en het hulle aangemoedig om met volgehoue druk die onderhandelings in die “regte rigting” te stuur.

Kardinaal Wilfred Napier, Rooms-Katolieke aartsbiskop van Durban, het gesê die geestelike leiers is “bekommerd dat Durban niks gaan oplewer nie”.

Hy het aan Figueres gesê hebsug en ekonomiese selfbelang laat die onderhandelings ontspoor. “Dit bedreig die voortbestaan van lewe op aarde.”

Biskop Geoff Davies van die omgewingsinstituut van die Suider-Afrikaanse geloofsgemeenskappe het daarop gewys dat “God se ongelooflike skepping híér in Durban op die spel is”.

“As mense vra wat het God met hierdie onderhandelings te doen, sê ek alles. Ons praat hier van God se skepping.”

Figueres het gesê “hierdie beraad gaan in die eerste plek oor God se Skepping, wat ons (die huidige geslag) net vir enkele sekondes in ons hande het”.

“Ons (geslag) het nie verantwoordelik teenoor ons natuurlike hulpbronne opgetree nie. Ons moet sorg dat iets daarvan vir ons kinders oorbly,” het sy gesê.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... 'n Vuurwapen in die hande van enigiemand wat vir welke rede nie 100% "nugter dink" nie is 'n gevaar vir homself sowel vir almal binne trefafstand. Hy, en al daardie mense, is beter af as hy NIE 'n vuurwapen besit nie. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bloem: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 Exec Multitronic
2005
R 165,000.00

BMW

120i (E87)
2005
R 172,900.00

TOYOTA

Corolla 140i GLE MY05
2008
R 146,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.