Gordimer en Brink begin petisie teen beoogde mediawetgewing

2010-08-18 22:42

Kaapstad

Twee internasionaal bekende Suid-Afrikaanse skrywers het pas begin met ’n petisie teen beoogde drakoniese mediawetgewing in Suid-Afrika.

Nadine Gordimer, ’n Nobelprys­wenner vir letterkunde, en André P. Brink, ’n veelbekroonde romansier en literator, het die petisie van stapel gestuur in reaksie op die omstrede Wetsontwerp op die Beskerming van Inligting.

Brink het op ’n vraag oor of hy – synde ’n skrywer wat self sensuur onder die vorige bedeling ervaar het – gedink het die dag sou weer daag wat dergelike vrese opnuut sou opvlam, gesê: “Ek dink sensuur was naasteby die heel laaste maatreël wat ons van die nuwe bedeling verwag het. Dit verraai ’n stompsinnigheid en kwaadwilligheid van die regering se kant wat ’n mens tot in jou fondamente skud.”

Hy het gesê in die geledere van die internasionale skrywersorganisasie PEN was daar ontsteltenis, “maar die implikasies van die beoogde nuwe wetgewing het nog nie wyd deurgesyfer nie”.

“Miskien omdat niemand dit verwag het van ’n regering wat verskans is agter die soort grondwet wat ons tans het nie. Die implikasie mag wees dat die huidige regering hom net so min aan ’n grondwet steur as aan enigiets anders op skrif. Ons nader vinnig wat Van Wyk Louw ‘die trans van die ongeletterdes’ genoem het.”

Hy het vertel PEN het al sy eie protes teen die wetsontwerp begin. “Ons hoop om nou met hulle saam te werk.

“Daar is talle ander protesaksies aan die prut in die land. Ek vermoed die regering het nie verwag hóé uitgebreid en heftig die verset gaan wees nie. Miskien het hy nog nie sy eie wetsontwerp behoorlik gelees of verstaan nie.

“Hierdie aksie is spesifiek bedoel vir skrywers, onder meer omdat die funksie en lot van skrywers in ’n samelewing ook elke leser in die land raak.”

Skrywers word aan ’n breë front deur die organiseerders genader, maar intussen kan enigeen van hulle wat belang stel ’n e-pos aan writers@mweb.co.za stuur.

Brink het oor die petisie gesê: “Ek het heelwat hoop dat omtrent geen skrywer van enige betekenis in Suid-Afrika op die duur buite dié aanslag gaan bly nie.”

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Nolan sê... Sammy gaan tjorts in jou broek. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bfn: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Fiesta Sedan 1.6 Ambiente
2011
R 169,900.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Trendline MY05
2006
R 114,995.00

BMW

525i E60 AT
2005
R 249,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.