Giniel se pa praat oor jaer se teëspoed

2010-01-06 05:55

Stellenbosch

Verlede jaar het Suid-Afrika gejuig oor die Dakar.

Eergister se teëspoed in die derde skof beteken dat die land se sterjaer ’n opdraande stryd het om ’n agterstand uit te wis.

“Dit is maar hoe dit in die Dakar gaan,” het mnr. Smittie de Villiers, pa van die kampioenjaer Giniel de Villiers, gesê.

Giniel, wat in 2009 die eerste deelnemer van Suid-Afrika was wat eerste in dié moordende tydren kon eindig, beklee ná gister se vierde skof die 20ste plek. Hy kon daarin slaag om vyfde te eindig nadat hy eergister teëspoed ondervind het.

Hy moes ná net 50 km van die derde skof eers stilhou toe sy Volkswagen ernstige enjinprobleme ondervind het.

“Ons is maar teleurgesteld,” het sy pa uit die Paarl gesê.

“Maar vanjaar was die ergste druk af. Die groot hype was verlede jaar. Dit was sy droom om te wen en hy het dit reggekry.”

De Villiers het gesê sy seun het met sy rug gesukkel. Maar ná ’n rug­operasie verlede jaar is Giniel baie meer ontspanne en sy rug weer honderd persent.

“Vir my gaan dit oor jou karakter wanneer jy probleme begin optel.”

Giniel het gesê in die Dakar-tydren maak dit nie saak hoe goed jou voertuig is nie, jy het steeds 50% geluk nodig, want enigiets kan gebeur.

De Villiers het vertel sy vrou, Annamarie, is ook teleurgesteld, maar veral bekommerd. Sy twee susters hou ook asem op.

“Die Dakar-tydren is maar gevaarlik. Ons is tevrede dat hy nog in die tydren is en nie in ’n ongeluk was nie. Giniel se filosofie is as jy in alles gevaar sien, moet jy maar in die bed bly.Vanjaar is dit seker maar sy beurt om bad luck te kry. Maar ’n lang tydren lê nog voor. Ons hoop sy slegte geluk is nou verby.”

Die tydren eindig op 16 Januarie in Buenos Aires.

- Die Burger

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

heleen.henstock sê... Wil jy he hulle moet so polities korrek wees en dan beurte maak op te wen? As Tygerberg nie die "mas opkom nie", wil jy hulle van deelname ontneem? Die skool wat die vinnigste hardloop, verste spring en gooi, is die wenner. As jou gedagtegang gevolg woord sal daar op die ou end net een skool deelneem, die wenskool. 10 hoera vir die Tiere en hulle deelname!!! Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Fiesta Sedan 1.6 Ambiente
2011
R 169,900.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Trendline MY05
2006
R 114,995.00

BMW

525i E60 AT
2005
R 249,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.