‘Gewone’ mense kan nou rugby uitsaai

2010-03-12 00:10

Johannesburg

Rugbygeesdriftiges wat nog altyd iets oor rugbykommentators te sê gehad het, kry nou self die kans om kommentator te speel.

kykNET, die tydskrif TV Plus en SuperSport hou ’n talentsoek-kompetisie vir Afrikaanse TV-rugbykommentators.

Die kompetisie, genaamd Spiekeries (vernoem na die legendariese kommentator wyle Gerhard Viviers), word van 1 tot 4 April by die Absa-KKNK in Oudtshoorn aangebied.

Die fees duur tot 8 April.

“Almal kla ’n bietjie oor rugbykommentators. Nou kry gewone mense ’n geleentheid om hul staal te wys,” het mnr. Haddad Viljoen, reklame­bestuurder van kykNET en MK, gesê.

Deelnemers moet met oorfone en ’n mikrofoon kommentaar lewer oor grepe uit groot rugbywedstryde wat op ’n grootskerm-TV vertoon sal word.

Die oud-Springbokke en aanbieders van die kykNET- program SuperRugby, Kobus Wiese, Breyton Paulse en Ashwin Willemse, is die beoordelaars.

Hulle sal deelnemers tot 20 uitdun.

Daaruit sal ’n topdrie volgens Viljoen gekies word.

Die wenner word op 5 April regstreeks op SuperRugby, wat Maandae om 20:30 uitgesaai word, aangekondig.

Die wenprys is om saam met ’n bekende kommentator waar te neem wanneer dié by ’n groot rugbywedstryd kommentaar lewer.

Mnr. Kobus Burger, programbestuurder van die KKNK, het gesê Spiekeries is deel van die fees se leefstylprogram.

“Dit bied iets anders om te doen vir mense wat nie teater toe wil gaan nie en dit is ook iets vir mans om te doen terwyl hul vroue in die teater is.”

Die kompetisie val saam met die fees se tema, “Fees van keuses”.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Julianna sê... Ek was in Wonderboom in die Weermag - seinkorps. Laasjaar besluit ek om my kinders te gaan wys waar ek in SAVKOL was, en tot my verleentheid, skok en verbasing stem die plek wat ek voor my sien glad nie ooreen met die plek wat ek vir my kinders geskets het nie. Eerstens ry ons daarin sonder dat enigiemand eers ons motor deursoek of ons iets invul. Tweedens lyk dit so vervalle dat ek van mening was die basis is gesluit. Die wasgoed wat egter by die vensters uitgehang het, het gewys dat daar tot nog lewe was. Wat 'n skok. Vullis het in hope voor die deure gelê, die eens dik groen grasperke was lank en kol-kol dood. Vensters was vuil en stukkend, verf het afgedop en die pragtige blombeddings was blomloos en onkruid oortrek. Die swmbaddens was groen en vuil... Dit was skokkend! Ek kon werklik nie my oë glo nie, soveel verval in 19 jaar... Daar is geen trots meer, daarom dat dit so lyk. Volgens wat ek daardie dag gesien het sou dit meer as 'n besem en hark kos om dit aanvaarbaar te maak. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 5-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 2-16°C Sunny. Quite Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-21°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

BA

Tshwane (Pretoria)
Communicate Bruma IT Delivery
R380000 - R420000

Oracle Applications DBA

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R380000 - R540000

.Net Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R180000 - R350000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

AUDI

A3 2.0 FSi Attraction 3-dr
2004
R 165,000.00

NISSAN

Tiida 1.6 Visia+ 5-dr
2006
R 119,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.