Frats-skoot op skietbaan eis jakkalskenner

2011-10-30 22:56

Nelspruit - Dr. Paul Möller (60), ’n spesialis op die gebied van jakkalsnavorsing, het homself in ’n fratsongeluk doodgeskiet.

Möller was alleen by die skietbaan toe hy skynbaar sy stewel se los veter vasgetrap en gestruikel het. Dit het glo gebeur terwyl hy sy .357-rewolwer in sy hand gehad het.

Toe hy neerslaan, het ’n skoot afgegaan en het hy homself in die regterslaap geskiet.

Möller sou Saterdagoggend op die skietbaan, sowat 12km buite die dorp, aan ’n skietoefening deelneem.

Hy was die veiligheidsbeampte van die skietbaan en is vroeg die oggend reeds daarheen om die baan voor te berei.

“Hy het my net ná 06:00 van die skietbaan geskakel om te sê hy is op die baan en is besig met die voorbereiding,” het mnr. Johan Scott, voorsitter van die Duiker-tak van die Suid-Afrikaanse Jagtersvereniging, gister gesê.

“Hy het nog vertel dat hy ’n paar skote met selfgelaaide ammunisie geskiet het.

“Die volgende oproep wat ek gekry het, was om te sê hy is dood. Dit was ’n vreeslike skok,” het Scott gesê.

Toe lede van ’n ander skietklub omstreeks 07:20 by die skietbaan aangekom het, het Möller se bakkie op die 300m-skietpunt gestaan, maar hy was nêrens te sien nie.

Hulle het nader na die teikens geloop en hom gekry waar hy plat op sy maag by een van die skietpunte gelê het.

Die rewolwer het langs sy kop gelê.

Sy oormowwe was steeds om sy regterarm gehaak en sy selfoon, pet en ’n boksie met patrone het langs sy lyk gelê.

“Hy was regtig ’n man van die veld en was lief vir die natuur. Hy was ’n kundige op die gebied van jakkalse en het ’n doktorsgraad in dieregedrag gehad,” het Scott ­gesê.

Hy word deur sy lewensmaat, me. Adrie de Wet, oorleef.

Sers. Gerald Sedibe, ’n polisiewoordvoerder, het gesê ’n nadoodse ondersoek word gedoen.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

petrocornelia sê... Ja Jean-Pierre, jy is seker net so vlekloos, maak jy nooit n fout nie? Mens bly mens en reageer op dit wat ons hoor. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 16-24°C Mostly sunny. Mild. Pta: 18-31°C Afternoon clouds. Warm.
Jhb: 15-27°C Morning clouds. Mild. Bloem: 13-27°C Sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 20-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 19-23°C More sun than clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Network Engineer-Clickatell

Bellville, Cape Town, South Africa
Clickatell (Pty) Ltd
Market Related

Junior Paid Search Specialist

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
Market Related

Floor Manager

Roodepoort, South Africa
Gemini Recruitment
R8000 - R9000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2007
R 179,995.00

FORD

Fiesta 1.6i Trend 3-dr
2004
R 89,995.00

TOYOTA

Landcruiser Prado 4.0 VX 4x4 AT MY04
2009
R 429,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Unbeatable Mauritius

Spend 7 nights at Sofitel Mauritius L'Imperial Resort and Spa from R10 757 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Big Mama-speletjies – Tot 50%-afslag

Begin saamspeel teen ’n beter prys met die Big Mama-uitverkoping. Tot 50%-afslag op speletjies + aflewering binne 24 uur*. Koop dit nou.

Big Mama DVD’s – Tot 80%-afslag

Kry tot 80%-afslag op ons DVD’s. Dié aanbod sluit aflewering binne 24 uur in* & is slegs beskikbaar terwyl voorraad hou.

Lego op Uitverkoping

Bespaar R200 op die Geonosian Starfighter en betaal slegs R299,95. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Die Big Mama Uitverkoping

Die Big Mama Uitverkoping is nou aan die gang. Kry tot 80% afslag op Boeke, Musiek, DVD’s, Speletjies, Elektronika, Speelgoed & Geskenke. Koop nou.

Elektronika op uitverkoping

Tot 80% afslag op elektronika + 24 uur-aflewering. Koop nou.

Gratis aflewering binne 24 uur*

Big Mama gobii eLeser-aanbod

Kry die 7" LCD eLeser vir slegs R899 + ’n Gratis eBoek-koepon van R160. Daar is eBoeke beskikbaar vanaf R49,95 waarop jy jou koepon kan spandeer. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
  • top-profiel

    tmaiin
    Ouderdom: 21
    Geslag: Female
    Plek: Gauteng - Johannesburg
  • top-gebeurtenis

    Watershed
    Wanneer: 25 Feb 2012 - 25 Feb 2012
  • top-galery

    Sasha
    Wanneer: 30 Dec 2012
    Aantal fotos: 11
  • top-video

    JLS - Do You Feel What I Feel
    Gekyk: 2426
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.