Fortuin betaal vir 1964-port

2010-09-03 22:44

Mnr. Obi Josephat Ndibe van Nigerië bie op die kis Nederburg Port 1964, waarvoor hy R62?000 betaal het.Dit kom neer op R10 333 per bottel. Foto’s: VERSKAF

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Paarl – ’n Bod van R62?000 is gister op die Nederburg-wynveiling in die Paarl op ’n Nigeriese koper toegeslaan vir ’n kis van ses bottels Nederburg Port 1964 waarop ’n reserweprys van R3 500 was.

Mnr. Obi Josephat Ndibe van Next International Nigeria Limited het aan Nonnie Dedekind gesê hy het dit vir sy oom gekoop wat 75 jaar oud is en ou wyne kan waardeer.

Sy kopie beteken dat die prys van elk van die bottels van 750 mF hom R10 333 gekos het. Dit was byna 18 keer meer as die minste waarmee die verkoper tevrede sou wees.

Dié port, wat ’n klompie gelukkiges gisteroggend vooraf kon proe, is van shiraz-druiwe gemaak.

Volgens die organiseerders was dit die enigste port wat ooit gemaak is deur die gevierde oud-wynmaker van Nederburg, mnr. Günter Brözel, wat al meer as twintig jaar gelede afgetree het.

Elk van die bottels is genommer en dra ’n seël.

Nog net één kis van ses bottels daarvan is oor, maar die organiseerders kan nie sê of dit eendag ook opgeveil sal word nie.

Die veiling se verkope op die eerste dag het meer as R3 miljoen beloop. Die pryse was aansienlik beter as dié van verlede jaar en die meeste aanbiedinge se reserwepryse is gou oorskry.

Ofskoon daar minder kopers was, was die bieëry straf en is meer gekoop.

’n Kis van tien bottels van 2005 se wenners van Absa se Toptien-pinotage-kompetisie het R6?200 gehaal, terwyl R9 800 betaal is vir ’n kis van ses bottels Zonnebloem Cabernet Sauvignon 1970.

Die veiling duur vandag voort met verskeie gesogte wyne wat nog baas soek.

Onder die lot is 23 bottels spe­siale wyn van die vyf einste deelnemers aan die eerste veiling in 1975.
 

- Die Burger

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

heleen.henstock sê... Wil jy he hulle moet so polities korrek wees en dan beurte maak op te wen? As Tygerberg nie die "mas opkom nie", wil jy hulle van deelname ontneem? Die skool wat die vinnigste hardloop, verste spring en gooi, is die wenner. As jou gedagtegang gevolg woord sal daar op die ou end net een skool deelneem, die wenskool. 10 hoera vir die Tiere en hulle deelname!!! Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

BMW

320i
2005
R 149,900.00

TOYOTA

Corolla Verso 160 MPV MY05
2006
R 139,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.