Fiasko met talle opvoeders se vergoeding

2009-12-19 02:40

Port Elizabeth en Kaapstad

Skerp kritiek is gister deur verskeie rolspelers uitgespreek teen die departement van onderwys se foutiewe uitbetaling van onderwysers se salarisse ingevolge die beroepspesifieke bedeling.

Die DA het die “onbevoegde optrede en swak beplanning” van die nasionale onderwysdepartement skerp gekritiseer.

Volgens die DA se woordvoerder oor onderwys, dr. Junita Kloppers-Lourens, is die party baie ongelukkig omdat die volledige bedrae vir die beroepspesifieke bedeling nie gister aan onderwysers betaal is nie.

Sowat R1 miljard van die R3,7 miljard van dié geld vir onderwysers is nog nie aan hulle uitbetaal nie.

Die Oos-Kaapse leierskap van Sadou was gister woedend nadat ’n groot deel van sy lede druipstert verneem het dat hul bankrekeninge nie voor Kersfees ’n sent stewiger gaan wees nie.

Die vergoeding sou terugwerkend van Julie bereken word.

“Ons is bitter kwaad as onderwysers, veral omdat niks aan ons gekommunikeer is voor die nasionale departement se aankondiging eergister nie,” het me. Fezeka Loliwe, provinsiale Sadou-sekretaris, gesê.

“Hierdie versuim van die onderwysdepartement om sy belofte en die skriftelike ooreenkoms na te kom, kom neer op ’n totale misbruik van onderwysers se vertroue.

“Ons ondersteun ten volle die departement se visie van gehalte-onderrig, maar hoe verwag hulle moet ’n onderwyser dit lewer wanneer hy of sy nie op die beloofde datum vergoed word nie?” het Loliwe gevra.

Dr. Granville Whittle, woordvoerder van die nasionale departement van basiese onderwys, het bevestig dat verkeerde bedrae aan onderwysers gister uitbetaal is omdat foute met hul datum van indiensneming op provinsiale vlak begaan is. Die fout sal glo eers in Januarie reggestel kan word.

Loliwe het gesê hul kantore is reeds oorval deur verslae onderwysers wat sommige tot soveel as R20 000 se terugwerkende beroepsverwante betaling verwag het.

“Sommige van ons lede het wel so R1 000 of R2 000 ontvang, maar sommige nie ’n sent nie.

“Vir ’n onderwyser wat gekwalifiseer het (vir vergoeding), om dit oor te kom, is ’n klap in die gesig.”

’n Onderwyser genaamd Bongi kla op die onderwyswebwerf ­teacherweb.co.za dat die Oos-Kaap sekerlik, soos altyd, aan die agterspeen gaan suig.

Mnr. Peter Duminy, Oos-Kaapse uitvoerende hoof van Naptosa, het gesê sy vakbond was probleme te wagte.

- Die Burger

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Djim sê... Jy kan enigiets in die lewe verloor en weer trug kry of herbou, maar jou naam, as dit weg is is dit vir altyd. Nogal lank wat die stort kop saam met hom loop, nou is dit net n' 2e kop. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 5-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 2-16°C Sunny. Quite Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-21°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial Manager

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Financial Director

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Cost Accountant

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

AUDI

A3 2.0 FSi Attraction 3-dr
2004
R 165,000.00

NISSAN

Tiida 1.6 Visia+ 5-dr
2006
R 119,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.