Eskom-hoof se verhoging ‘klap in verbruiker se gesig’

2009-09-17 03:14

Kaapstad - Die burgemeesterskomitee van Kaapstad is woedend oor die reuse-salarisverhoging van Eskom se baas en sê Eskom se topbestuur het heeltemal voeling verloor met die finansiële werklikheid.

Mnr. Clive Justus, burgemeesterskomiteelid vir nutsdienste, het in ’n ongewone stap op gister se burgemeesterskomiteevergadering ’n sterk bewoorde verklaring op rekord geplaas waarin hy uitgevaar het oor mnr. Jacob Maroga, Eskom se uitvoerende hoof, se 26,7%-verhoging.

Hy het gesê Maroga se salaris moet in der waarheid eerder gesny word en het gevra dat verbruikers standpunt moet inneem hieroor.

Justus meen die verhoging is net eenvoudig ongevraagd, in ag genome dat daar reeds tariefverhogings van tussen 40% en 60% per jaar vir die volgende aantal jare deur Eskom oorweeg word.

Mnr. Mike Schüssler, ekonoom van T-Sec, het gesê die verhoging is ’n klap in die gesig van verbruikers. Daar is geen ander manier om dit te beskryf nie.

“Dié soort verhoging is beslis onvanpas in tye waarin almal sukkel,” het Schüssler gesê.

Justus het bygevoeg tot Maroga en ander bestuurslui van Eskom in hul oorspronklike doelwitte slaag, moet hul salarisse gesny word totdat hulle beter presteer, of afgedank word.

“Maroga se verhoogde salaris van ’n reeds massiewe R3,9 miljoen na R4,9 miljoen (per jaar) is ’n belediging. ’n Bedrag soos dié strook glad nie met inflasie nie,” het Justus gesê.

Hy het verder uitgevaar en gesê Eskom het ook heeltemal voeling verloor met die behoeftes van sy klante. “Dit wil vir my lyk hoe slegter jy presteer, hoe meer kan jy eis. En dít in ’n tydperk waarin Eskom elke aand op televisie met ernstige kragverbruik-waarskuwings aandui dat hy nie kan voldoen aan die vraag van sy verbruikers nie.”

Justus het Eskom verder gekap oor sy finansieringsmodel wat steeds in die donkerte gehou word, maar wat reeds in Junie aan die Nasionale Energie-reguleerder (Nersa) beloof is.

Mnr. Pieter van Dalen, DA-LP, het op Dinsdag se parlementêre portefeuljekomitee oor openbare ondernemings gesê Eskom sal slegs weer deur die publiek vertrou word indien Maroga sy verhoging en bonusse opoffer.

“Ons verwag nie krisisbestuur wanneer daar R5 miljoen betaal word aan die salaris van Eskom se bestuurder nie,” het Van Dalen gesê.

Eskom se volgende tariefverhoging-aansoek moet teen einde vandeesmaand by Nersa ingehandig word.


- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
19 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Djim sê... Jy kan enigiets in die lewe verloor en weer trug kry of herbou, maar jou naam, as dit weg is is dit vir altyd. Nogal lank wat die stort kop saam met hom loop, nou is dit net n' 2e kop. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 5-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 2-16°C Sunny. Quite Cool. Bloem: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-21°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Group Financial Director

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Senior Financial Director

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Senior Accountant

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

AUDI

A3 2.0 FSi Attraction 3-dr
2004
R 165,000.00

NISSAN

Tiida 1.6 Visia+ 5-dr
2006
R 119,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.