Elvis speel-speel deur na top-9

2010-09-09 01:02

George

Inwoners van George kan weer asem skep nadat Elvis Blue sonder enige figuurlike vals note deur is na die volgende ronde van die Idols-sangkompetisie.

Jamie-Lee Sexton, Jess Yallup en Gail Nkoane was vandeesweek die drie deelnemers onder die valbyl ná hulle die minste stemme van kykers ontvang het.

Nkoane is uiteindelik huis toe gestuur. Ofskoon die drie beoordelaars met ’n veto-stem die kans gehad het om Nkoane te “red” al het sy die minste stemme gelok, het hulle besluit om haar te pos.

Intussen het mnr. Faried Stemmet, burgemeester van die Eden-distriksmunisipaliteit, gister aan Die Burger gesê hy is baie bly dat ’n “kind van die Suid-Kaap reeds so ver gevorder het” in die kompetisie.

“Ons sal natuurlik baie bly wees as hy wen,” het hy bygevoeg.

Mnr. Bazil Petrus, burgemeester van George, het gesê dit is nie net hy wat trots is nie, maar die hele dorp. “Waar ook al George se mense presteer, is goeie nuus vir ons. Ons wens hom alle sterkte toe.

“Daar sal beslis gekyk word na hoe ons hom kan vereer (met sy terugkeer na die dorp).”

As alles goed verloop, lyk dit of Elvis eers in November na sy tuisdorp gaan terugkeer.

Intussen kan plaaslike aanhangers uitsien na sy beplande optrede by die Kalahari-teater en -restaurant in George op 24 November. Dié vertoning is ten bate van Bethesda Hospies, ’n plaaslike nie-winsgewende organisasie.

As een van die voorste nege Idols-deelnemers het Elvis Blue Woensdagaand die kans gehad om saam met die Suid-Afrikaanse groep The Parlotones by Monte Casino in Johannesburg op te tree.

Volgens Chireze Hoogendyk, Elvis se vrou, sou dit nie die eerste keer wees dat hy die verhoog met bekende musikante deel nie.

“Hy het al saam met Karen Zoid, Just Jinjer en Tree63 opgetree,” het sy gesê.

Elvis Blue, oftewel Jan Hoogendyk, is g’n groentjie in die musiekbedryf nie.

Hy het al vantevore onder die verhoognaam Mono opgetree en het vyf CD’s op sy kerfstok.

Hy sal Sondag weer om 17:30 op MNet te sien wees wanneer die laaste nege deelnemers die tema “Disco” aandurf.

- Die Burger

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

jackivdm sê... As hulle dit in matriek vra, wat vra hulle deesdae in Graad 3? Toe ek nog op skool was, was daai 'n pasellapuntjie in 'n Graad 3 vraestel... Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 19-26°C Sunny. Mild. Pta: 18-30°C Mostly sunny. Warm.
Jhb: 16-28°C More sun than clouds. Mild. Bloem: 19-30°C More sun than clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-31°C Mostly sunny. Warm. PE: 20-25°C Showers early. Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Business Analyst

Western Cape, South Africa
Ayanda Mbanga Communications
Market Related

Senior Network Engineer

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
R20000 - R32000

Data Manager

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MERCEDES-BENZ

A 180 ELEGANCE AT
2010
R 244,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.